Lek lippe af vir fees van skolewedstryde
Lek lippe af vir fees van skolewedstryde

Lek lippe af vir fees van skolewedstryde

Skolesport
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Ná sy geskiedkundige eerste triomf om verlede jaar as kampioene van Namibiese skolerugby bekroon te word, skop KMC/JCC Windhoek Affies môre sy aanslag op die nuwe seisoen af met ’n besoek aan ’n nuwelingspan in die Momentum onder 19 premierliga.

De Duine van Walvisbaai het vir die eerste keer sedert 2010 weer ingeskryf om in die land se hoogste skolerugbyliga mee te ding.

“Ons is opgewonde oor die kans om die tree boontoe te gee (afskoptyd 12:45). Ons weet dis nie maklik in die premierliga nie, maar dit is ’n goeie geleentheid vir ons spelers om raakgesien te word – ook in die toekoms wanneer hulle ooit weer proewe speel,” sê De Duine se hoofafrigter, mnr. Karl Cookson.

Volgens hom het sy span verlede jaar in die o.19C-liga gespeel. Al het hulle teen ’n swaarder span soos Grootfontein verloor, het hul vertoning hulle ’n mate van selfvertroue gegee. Hulle het die kwarteindstryd gehaal waar Dr. Lemmer (self ’n skool met ’n geskiedenis in die Premierliga) hulle uitgeskakel het.

“Dit is waar ons besluit het om die afseisoen ’n bietjie meer ernstig in die gimnasium te oefen, vir die premierliga in te skryf en te kyk wat gebeur.

“By die Woestynfees het ons reeds teen van die grotes begin gewoond raak hoe dit voel.”

“Dit gaan oor ontwikkeling van ons spelers. Jou span kry mos meer oemf as jy in die hoogste liga speel. Hopelik lei dit daartoe dat meer borge by ons skool betrokke het. Sedert die aankondiging is daar reeds potensiële borge wat na vore gekom het.

• OK Foods Moria Privaatskool van Outjo, wat verlede jaar met opwindende, intelligente en kanniedood-rugby verskeie opskuddings gelewer het voordat hulle uiteindelik in die semifinaal uitgeskakel is en vier geëindig het, is op die eerste naweek ook op reis na die kus waar hulle Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoërskool die stryd gaan aansê (afskop 13:40).

• Rubicon Tsumeb Gimnasium skop af met ’n tuiswedstryd teen Pupkewitz Haval Elnatan van Stampriet (12:00). Beide skole kon verlede jaar nie die uitklopfase haal nie.

INTERHOëR

Twee van die hoofstad se spogskole takel mekaar reeds sedert Woensdag op die sportvelde en op kultuurgebied.

Die hoë vlak van wedstryde tussen die eerste spanne stel selde teleur. Op die rugbyveld sal die botsing tussen Schoemans-groep Windhoek Gimnasium en Samsung Windhoek Hoërskool die hoogtepunt en afsluiting van die naweek wees.

Windhoek Gimnasium se eerste span: 15 Aiden Louw, 14 Lyle Beukes, 13 Kieron Diergaardt, 12 Samuel Poulton, 11 Mell Theunissen, 10 Cornez Liebenberg, 9 Jahno du Plessis, 8 André van der Merwe, 7 Ethan Rittman-Gaya, 6 Arnu Gouws, 5 Juan-Louis Zaayman, 4 Michael Thuynsma (kaptein), 3 Ethan Thiart, 2 Shaun van Wyk, 1 Hershell van Wyk.

Reserwes: Duzi Phiri, Marco Lombard, Zander Bronkhorst, James Heyman, Jaco Enslin, Altus opperman, JP Steyn, Léan Rossouw.

WHS eerste span: 15 Tyrese de Wee, 14 Donavan Resandt, 13 Patrick Karsten, 12 Zian van Wyk, 11 Maandero Haimbodi, 10 Geraldo Beukes, 9 Rowan Jansen, 8 Frederik Strauss, 7 Daniel Opperman, 6 Rikus van Staden, 5 Riaan Grové, 4 Sheron Rossouw, 3 Edmando Coetzee, 2 JC Rossouw, 1 Marco Meuwesen.

Reserwes: Jacques Maree, Researchio Boois, Conwill Draghoender, Frans Grobbelaar, Forche Windstaan, Jessie Drotsky, Steward Moller, Coenraad Pretorius.

DIE PROGRAM VANDAG

Netbal: 14:00 o.14B-spanne. 14:00 o.15C-spanne. 14:00 o.17C-spanne. 14:40 o.15B-spanne. 14:40 o.17B-spanne. 15:15 o.19B-spanne. 15:45 WHS o.15C tn Gimnasium o.14C.

Hokkie: 14:00 derde meisiespanne. 15:00 derde seunspanne. 16:00 tweede meisiespanne.

Rugby: 14:00 o.14B-spanne. 15:00 o.15B-spanne. 16:00 vierde spanne

18:00 Amptelike openingseremonie en “Big Brag”.

MôRE

Netbal: 09:00 o.14A-spanne. 09:40 o.15A-spanne. 10:20 o.17A-spanne. 11:25 o.19A-spanne.

Hokkie: 13:15 tweede seunspanne. 14:30 eerste meisiespanne. 16:00 eerste seunspanne.

Sokker: 12:00 o.19 eerste spanne

Rugby: 09:00 derde spanne. 10:00 o.14A-spanne. 13:00 tweede spanne. 14:00 o.15A-spanne. 18:00 o.19 eerste spanne voorstellingseremonie. 18:30 o.19 eerste spanne afskop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A