Leeus maai nóg skape en bokke af
Francoise Steynberg - Meer as 170 kleinvee is laas nag deur dieselfde trop leeus naby Grootberg in die Kunenestreek afgemaai wat verlede week 86 bokke en skape gevang het.
Altesaam 145 bokke en 25 skape is laas nag doodgebyt is in 'n kraal by Piksiepos, net suid van Avantepos, waar die vorige mens-leeu-konflikvoorval plaasgevind het. Nóg agt skape word vermis en vier donkies is ook glo doodgebyt.
Dit volg nadat die ministerie van die omgewing en toerisme onderweg is met reëlings dat die trop van 10 tot 15 leeus verskuif sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie