Leerskool vir veilige houtskoolaangebied

Terwyl houtskoolproduksie verlede jaar rekordhoogtes bereik het, het rolspelers hulself georganiseer vir opleiding, bedryfstandaarde en plaaslike toetsing vir produkte.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Minder as 'n week nadat die Namibië Houtskoolvereni­ging (NCA) se Charcoal Village amptelik geopen is, word dit reeds inge­span om houtskoolprodusente te leer van die nuutste produksietegnieke wat ook omgewingsvriendelik is.

Dit volg ná die houtskoolbedryf in Namibië die afgelope jare sterk groei getoon het, met plaaslike houtskoolproduksie wat van 84 000 ton in 2016 tot 140 000 ton in 2019 gegroei het.

Boonop het die NCA se ledetal in die tyd ook van 288 tot 1 148 opgeskiet.

“Dié syfers sal na verwagting vanjaar nog meer styg omdat talle nuwe lede by ons aangesluit het,” het die NCA-voorsitter, mnr. Isak Katali, tydens die openingsgeleentheid gesê.

“Verlede jaar het ons gesien dat 'n groot surplus houtskool vervaardig is nadat talle produsente daarmee begin het om die droogte te probeer oorleef. Ongelukkig het dit tot die produksie van swakker gehalte houtskool gelei.

“Dit is een van die redes waarom ons besluit het om die Charcoal Village te bou – sodat ons ons lede kan help om beter gehalte houtskool te produseer.

“Ons het nuwe brandtegnieke ontwikkel wat reeds suksesvol op enkele plase geïmplementeer is.

“Die sentrum by die Charcoal Village sal hoofsaaklik vir ­navorsing, ontwikkeling en demonstrasies gebruik word op ou en nuwe houtskooltegnologie, gekombineer met verbeterde verbrandingsprosesse,” het Katali gesê.

Die Charcoal Village buite Otjiwarongo is amptelik op 24 Junie geopen– met planne om voorts opleiding aan minstens 1 000 jeugdiges te bied, het die ministerie van handel en nywerheidsontwikkeling (MIT) se dr. Michael Humavindu tydens die openingsgeleentheid gesê.

Humavindu het die amptelike opening behartig.

“Terselfdertyd lei die ministerie die proses vir die opstel van Namibiese standaarde vir houtskoolproduksie in konsultasie met belangegroepe. Hulle sal binnekort meer inligting hieroor bekend maak,” het Humavindu gesê.

“Die ministerie sal verder die stigting van 'n toetsfasiliteit steun om seker te maak daar word aan internasionale standaarde voldoen en sodat produkte plaas­lik, eerder as in Suid-Afrika getoets kan word,” sê Humavindu.



DIVERSIFISERING

Katali sê die NCA het intussen 'n program van stapel gestuur om te kyk hoe die houtskoolbedryf gediversifiseer kan word, veral nadat talle produsente nie al hul houtskool verlede jaar van die hand kon sit nie.

Katali het verduidelik dat byprodukte, soos houtteer en –suur ook met behulp van spesiale toerusting tydens houtskoolproduksie geoes kan word. “Dit is eintlik 'n eenvoudige proses wat aangepas kan word by die droogoonde wat reeds in boere se veld staan.

“Terselfdertyd verminder dit rook met minstens 60% of meer. Hierdie is ook die eerste stappe vir 'n skoner brandproses,” het Katali gesê.

Hy sê daar word in Suid-Afrika na markte vir dié produkte gekyk.



VENNOOTSKAP

Katali het gesê die Charcoal Village is die produk van 'n openbare-private-vennootskap (PPP) met onder meer GIZ, die Duitse DHG en mnr. Werner Berg en sal as satellietsentrum ingespan word om houtskoolwerkers en -prosesseerders se vaardighede uit te brei.

Terwyl die NCA se hoof PPP-sentrum later vanjaar in Otjiwarongo sal oopmaak, sal die NCA binnekort kursusse aanbied oor onder meer die semi-gemeganiseerde oes van bos, sweiswerk, hoe om jou eie droogoond te bou en hoe om houtskool te produseer. Spesifiek die laaste kursus sal by die Charcoal Village aangebied word, het Katali gesê.

Die vereniging sal ook binnekort veldopleiding deur sy nuut opgeleide hout­skool-instrukteurs aanbied.

“Ons is oortuig dat die inisiatief sal bydra tot verbeterde houtskool vir ons markte en alle lede sal bevoordeel, insluitend ­toekomstige lede,” het Katali gesê.

Die NCA sê dit beplan reeds in Augustus 'n volgende geleentheid by die Charcoal Village vir die houtskoolbedryf, waartydens daar onder meer gedemonstreer gaan word hoe om biochar te produseer en waarvoor dit gebruik word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%