Leerlinge, onderwysers en gesondheidswerkers deel van 74 nuwe gevalle
Uit die 74 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is, is 13 leerlinge (twee elk van onderskeidelik die senior sekondêre skole Himarwa Iithete en Gabriel Taapopi, die res van verskillende skole), drie onderwysers en vyf gesondheidswerkers. Twee sterftes op Keetmanshoop, 'n 73-jarige vrou en 'n 58-jarige man, het die sterftesyfer opgestoot tot 394.
Nog 77 mense het herstel wat die totaal op 34 440 en 'n herstelkoers van 95% te staan bring. Die aktiewe gevalle staan op 1 598 waarvan 118 in die hospitaal en 14 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 44 in die hospitaal en 12 in die ICU, in Erongo is 19 in die hospitaal en twee in die ICU en in Omusati is 11 in die hospitaal.
Tot op hede is 286 439 weefselmonsters getoets, 4 567 kontakte word gemonitor en 2 010 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie