Leerlingdokter verkrag glo pasiënt
Tuyeimo Haidula – ’n Manlike leerlingdokter by die Katutura-hospitaal is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Sondag ’n pasiënt met kopbeserings verkrag het.
Volgens ons susterkoerant Namibian Sun was die pasiënt in Maart in ’n motorongeluk waarna hy in die hospitaal opgeneem is. Besonderhede oor wanneer die pasiënt opgeneem is, is nie bekend nie. ’n Kondoom buite sy omhulsel is glo by die pasiënt gevind, maar dit is nie bekend of dit gebruik is nie.
Die leerlingdokter het glo onlangs sy opleiding aan die Universiteit van Namibië se mediese skool voltooi en sy internskap vanjaar begin.
Na bewering het die leerlingdokter die pasiënt uitgeboek en het sy kollega glo die kondoom by die pasiënt gevind.
’n Ondersoek het bevind die pasiënt is glo deur die leerlingdokter verkrag, wat in hegtenis geneem en in aanhouding is.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, het bevestig die voorval “van ’n ernstige aard” is by sy kantoor aangemeld.
Volgens hom is met gepaste optrede begin om die feite te versamel en geregtigheid te laat geskied.
“Die Namibiese polisie is ingelig deur die eenheid vir beskerming teen geslagsgeweld, wat ten volle betrokke is. Ons is dankbaar vir hul spoedige optrede. Die beweerde voorval is van ’n ernstige aard en word sodanig hanteer,” het hy gesê.
Hy het ’n beroep op die media gedoen om die privaatheid van die pasiënt en sy familie tydens hierdie “verskriklike beproewing” te beskerm en te respekteer. Volgens Nangombe is dit ook nie gepas vir die ministerie om in hierdie stadium enige verdere besonderhede bekend te maak nie. Die ouderdom van die pasiënt is nie bekend nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie