Lebkuchen-dorp vir 'n kat se kans

Die geld wat vanjaar ingesamel word, sal aan die Cat Protection Society of Namibia geskenk word.
Tanja Bause
Tanja Bause – Die afgelope sewe jaar bak ’n Windhoekse vrou jaarliks ’n Lebkuchen-huisie vir liefdadigheid.

Vanjaar het dié vrou, wat graag anoniem wil bly, haarself oortref en ’n hele dorp, asook twee kleiner huise, gebak.

“Dit beteken mense het vanjaar die kans om drie pryse met een loterykaartjie te wen,” het sy gesê.

In die verlede het die Kankervereniging van Namibië (CAN) onder meer by die lotery van die Lebkuchen-huisies gebaat.

Verlede jaar kon dié ywerige Windhoeker ’n rolstoel vir ’n vrou koop wat in ’n ongeluk was.

“Ek is in chroniese pyn en bewe sommige dae, baie maar as ek kan, dan bak ek en dit is vir my baie lekker. Ek maak alles self en alles kan geëet word. Ek het dié jaar al in Januarie met die dorp begin en in November was dit kant en klaar,” het die bakster gesê.

Sy het onder meer ’n klavier, boekrak, bankie en selfs klein koeke gemaak wat binne in die huisies vertoon word.

Voor die bakkery is ’n gedekte tafel met ’n koppie koffie en opgefrommelde servette, asook ook ’n slee met presente, Vader Kersfees, twee Kersbome en ’n hangemaakte rendier-lammetjie – alles natuurlik eetbaar.

Die huise het liggies in, die Kersboom het ’n string ligte en die lanterns het ook liggies in, wat met batterye aangedryf word, en saans die dorp verlig.

“Die ligte, kabels en batterye is die enigste nie-eetbare items in die hele dorp.”

Die geld wat met vanjaar se lootjies ingesamel word, sal aan die Cat Protection Society of Namibia (CPSN) geskenk word.

“Hulle het my in die verlede baie met my katte gehelp en ek voel ek kan op dié manier iets vir hulle teruggee. As al die kaartjies verkoop, hoop ek om N$40 000 vir hulle in te samel.”

Die bakster het borge wat haar help om van die bestanddele aan te skaf, hoewel sy steeds baie uit haar eie sak bydra.

“Vir die Lebkuchen-dorp het ek 30 kg meel, 12 kg stroop, 6 kg suiker, 3 kg botter en 120 eiers gebruik. Dan is daar natuurlik ook die verskillende speserye wat in moet kom om daarvan ’n Lebkuchen te maak. Dit sluit die versiersuiker, kleursel, fondant en so aan uit.”

Volgende jaar is sy van plan om 80 Lebkuchen-huisies te bak en in bokse te verpak.

“Mense wat dit wen, sal dan instruksies kry oor hoe om die huisies bymekaar te sit. Hulle kan hul eie versierings doen. Dit kan Kerspret vir die hele familie wees.”

Die Lebkuchen-dorp word by die International Pharmacy in Windhoek uitgestal en lootjies is daar teen N$120 beskikbaar.

Een van die huisies word by Jonno’s Bistro uitgestal, wat ook kaartjies verkoop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A