Lüderitz-toring fluit steeds
Tanja Bause – Die fluitende toring van Lüderitz se storie is nog nie uit nie.
Die Telecom-toring wat fluit sedert herstelwerk in Oktober 2015 daaraan gedoen is, sou volgens mnr. Johannes Duncan van Telecom Lüderitz in die Februarie herstel word.
Dít het egter nog nie gebeur nie.
“Ons werk tans aan die probleem. Ons wag egter nog vir die span werkers van Windhoek om die pyp te herstel en die probleem op te los. Hulle behoort binne die volgende week hier te wees,” het Duncan gesê.
“U kan my volgende maand weer bel, dan is die probleem opgelos,” het hy gesê.
Inwoners direk rondom die toring het gesê hulle word veral in die maande wat die wind waai deur die aanhoudende gefluit geteister.
“Ons het die geluid aan die begin verdra omdat die kontrakteurs nog besig was om aan die toring te werk. Aan die begin van Desember 2015 het die wind begin waai en die geluid het harder geword.
“Telecom het gesê die geluid word veroorsaak deur die wind wat deur ’n hol, vertikale pyp blaas en die kontrakteurs sal dit herstel,” het me. Annalien Petzer gesê.
Volgens haar was die kontrakteurs egter reeds met vakansie en sou die probleem in Januarie 2016 opgelos word.
“In die maande wat die wind nie waai nie, hoor mens geen geluid nie. Sodra die wind begin waai, moet ons weer van voor af begin smeek en kla,” het sy gesê.
“Die toring fluit steeds nadat gesê is dit sal in Februarie herstel word. Ons is raadop en weet nie meer wat om te doen nie,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie