Laura Bush-stigting help Ella du Plessis
Estelle de Bruyn
Oudpres. George W. Bush van Amerika en sy vrou, me. Laura Bush, het eergister omstreeks 11:00 op Eros-lughawe van Botswana af in Namibië geland.
Hier is hulle deur die adjunk eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, asook die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi, verwelkom.
Vandaar is hulle na die Hoërskool Ella du Plessis, waar Namibië se eerste dame, me. Monica Geingos, haar by hulle aangesluit het.
Die besoekers het 'n heldeontvangs gekry waarna hulle 'n klaskamer en daarna die biblioteek besoek het. Hier het me. Bush aangekondig dat haar stigting, die Laura Bush-stigting, die skool onder hul vlerk geneem het en dat dit die eerste skool buite Amerika sal wees wat bystand van dié stigting sal ontvang.
Die Laura Bush-stigting vir Amerikaanse biblioteke stel fondse aan die armste skole in Amerika beskikbaar sodat hul boekversamelings aangevul kan word om leerlinge te help om 'n liefde vir lees en leer te ontwikkel.
By die geleentheid het me. Bush twee boeke aan die skool oorhandig - een deur haar dogter Jenna en een deur oudpres. Bush.
Dit is volgens haar net die begin van noue samewerking met die skool in die toekoms.
Die fokus van die besoek was, afgesien van bystand aan die skool, ook op MIV/vigs-voorkoming.
Woensdagaand was die Bush-egpaar eregaste by 'n private dinee wat deur pres. Hage Geingob en me. Geingos by Staatshuis gehou is.
Streng veiligheidsmaatreëls het gegeld met lede van die Amerikaanse geheime diens wat oral te sien was.
Die oudpresident het aangedui dat hy en sy gade na afloop van die amptelike besoek na Namibië se Skedelkus gaan reis.
Dit is nie bekend hoe lank die private besoek sal duur nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie