Las Vegas hou boerpot vir Nakathila in

Die botsing van style stel die Namibiër voor die deurslaggewende oomblik in sy loopbaan.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die onoorwonne Amerikaner Shakur “Fearless” Stevenson en Jeremiah “Low Key” Nakathila van Namibië sal op 12 Junie in Las Vegas, Nevada, vir die Wêreldboksorganisasie (WBO) se tussentydse wêreldgewigtitel in die superveergewigklas veg.
Stevenson (15-0, 8 uitklophoue) en Nakathila (22-1, 17 uitklophoue) beklee onderskeidelik die nommer een en twee posisie op die WBO se wêreldranglys vir 130- ponders (59 kg, ook bekend as junior liggewig).
Die 31-jarige Nakathila het net een beroepsgeveg teen die Russiese buksie Evgeny Chuprakov (nou 31), in Ekaterinburg, Rusland, oor 12 rondes met punte verloor. Dit was meer as vier jaar gelede.
Die tellinghouers Dmitry Boldyrev van Rusland (110-118) en Joerg Milke van Duitsland (112-116) het die geveg op 18 November 2016 aan Chuprakov toegeken, terwyl Pawel Kardyni van Pole (114-114) die twaalf rondes as gelykop beslis het. Kardyni se telling is beslis ’n meer geloofwaardige weergawe van Low Key se vertoning daardie aand, toe hy op omstrede wyse die knie vir die WBO se vakante interkontinentale superveergewigtitel moes buig.
Sedertdien het die Namibiër tien oorwinnings op ’n streep ingeryg, waarvan een in Kaapstad met ’n uitklophou teen Prince Dlomo in die negende ronde (Desember 2018). Al die ander was in Windhoek voor sy ondersteuners, en met uitklophoue.
Die reis na Las Vegas stel die Namibiër sonder twyfel voor die grootste toets van sy loopbaan.
Die 23-jarige Stevenson is ’n hotklou met werklike plofkrag in beide sy blitsige vuiste. Dié Amerikaner beskik oor ’n giftige reguitlinker waarmee hy gereeld sy teenstanders droomland toe stuur. Hy wissel sy kragtige aanslag behendig af met goeie kombinasies na die kop en lyf.
Stevenson (1.73 meter) se verdediging en oorgang na teenaanvalle is besonder goed, maar as Nakathila hom op ’n afstand kan hou, kan die langer Namibiër moontlik sy visier op ’n punte-oorwinning instel.
Nakathila (1.80 m) is geneig om meermale sy teenstander se kop met ’n links-regs-kombinasie aan te val en wissel dit nou en dan met ’n opstopper of ’n lyfhou af.
Sy verdediging is egter verdag wanneer hy sy regters gooi. Hy laat sak sy lyf na die linkerkant en laat sy regterkaak wawyd oop, en dit sal fataal teen Stevenson se soekende linker wees. Stevenson sal beslis Nakathila se lyf aanval, dus sal die Namibiër soos ’n gesoute ballerina moet dans.
Dit het Nakathila meer as sewe jaar sedert sy beroepsdebuut in 2013 geneem om uiteindelik dié kans op die internasionale verhoog te kry. Stevenson is ’n afgeronde jong leeu en honger vir die grootste sukses wat die sport kan bied. Hopelik kan die polisiesersant hom hokslaan.
Nakathila sal egter beswaarlik sy heil aan die tellinghouers kan oorlaat.
Hy sal Stevenson moet uitslaan as hy dié geveg wil wen. Die Amerikaners sal nie wil sien dat hul goue seun op tuisbodem met punte teen die “B-span” verloor nie.
Stevenson was nie verniet as veergewig die WBO se wêreldkampioen voordat hy na die superveergewigklas opgeskuif het nie. Hy was ook as amateur suksesvol, met ’n Olimpiese silwermedalje van Rio 2016, toe hy nog ’n kapokgewig was.
Die wenner op 12 Junie behoort binne die volgende maande sy lank verwagte geleentheid te kry om teen Jamel Herring, die WBO se titelhouer, te boks.
Nakathila het gister op ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê: “Ek bedank graag ons hoofborg MTC en vir Nestor Tobias, my vegknoper van die MTC Sunshine-boksakademie wat die geveg moontlik gemaak het. Dit is nie maklik om ’n geveg van dié klas te beding nie.
“Dis elke bokser se droom om tot op hierdie vlak te vorder. Ek is baie opgewonde en sien verskriklik baie uit na die uitdaging wat voorlê. Ek is goed voorberei, want ek is elke dag in die gimnasium om my kanse op ’n oorwinning te verbeter.
“Ons het Jeffrey Magagane, ’n hotklou-bokser van Suid-Afrika hier, teen wie ek skerm en dit sal my baie help teen Stevenson. My tyd het aangebreek om my merk te maak; ek gaan nie my kans verspeel nie.
“Ek ly nie aan verhoogvrees nie en sal my nie deur die Amerikaners laat ontsenu nie. Ek was al oral. Ek het in Rusland geboks en niks kan meer skrikwekkend as dit wees nie.
“Ek gaan Namibië met onderskeiding verteenwoordig en dié geveg wen. Stevenson het nog nie teen ’n topklas bokser soos ek geveg nie. Ek gaan hom vernietig.”
[email protected]



FOTO’s
Jeremiah Nakathila het Zoltan Kovacs van Hongarye in 2018 stelselmatig pap geslaan om die WBO “globale” titel te verower. Die Namibiër het sy eerste WBO Afrika-gordel reeds in 2016 gewen. Foto Andrew Poolman


Shakur Stevenson is geen onbekende aan die kollig van Las Vegas nie en het drie van sy oorwinnings daar behaal.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.58 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.70/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0106 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 976.21/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.58 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.70/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0106 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 976.21/OZ DOWN -0.0024