Lang verposing in Dippenaar-moordverhoor

Dit was moeilik om ’n datum te vind wat al die regsverteenwoordigers en deskundige getuies pas.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Die verhoor van die bestuurder wat tereg staan op ses klagte van moord wat voortspruit uit ’n motorongeluk in 2014, gaan eers aan die ende van volgende jaar weer voort.

Landdros Gaynor Poulton het gister die verhoor van mnr. Jandré Dippenaar in die streekhof op Swakopmund na 8 Oktober 2018 uitgestel. Die saak sal die week van 8 tot 12 Oktober aangehoor word en weer van 19 tot 23 November.

Die eerste week van die voortsetting van die verhoor sal gebruik word vir die lewering van deskundige getuienis vir die staat sowel as vir die verdediging.

Die rede vir dié lang uitstel was omdat dit moeilik was om ’n datum te vind wat al die regsverteenwoordigers, sowel as deskundige getuies wat by die verhoor betrokke is, pas.

Nadat die getuienis van die Windhoekse sakeman, mnr. Paul Oosthuizen gister afgehandel is, het die staat nie verdere getuies gereed gehad nie.

Oosthuizen, wat ’n ooggetuie van die ongeluk was, het Woensdag getuig hy en sy vrou en drie passasiers was die middag omstreeks 17:00 op 29 Desember 2014 op pad na Hentiesbaai toe ’n Toyota FJ Cruiser wat deur Dippenaar bestuur is, tot kort agter hul voertuig gery het.

Hy het verder getuig die Toyota het erg versnel en het sy voertuig teen ’n blinde hoogte verbygesteek.

Oosthuizen het aan die hof vertel die bestuurder van die Toyota het op die kruin van die helling beheer oor die voertuig verloor en heen en weer oor die pad begin dryf. Net voordat die Toyota teen ’n aankomende voertuig gebots het, het dit na regs geswaai.

Oosthuizen het ook aan die hof vertel hoe hy en nog ’n buitestaander vir Dippenaar uit die brandende Toyota getrek het en weggesleep het.

Die Ford Ranger-bakkie waarmee Dippenaar se voertuig gebots het was ’n totale wrak nadat dit gerol het.

Dippenaar staan tereg op ses klagte van moord en klagte van bedrog, roekelose bestuur en bestuur sonder ’n rybewys wat spruit uit dié botsing.

Oosthuizen het ook getuig Dippenaar se asem het na drank geruik.

Adv. Louis Botes, wat Dippenaar se verdediging behartig, het dit aan Ooshuizen gestel dat Dippenaar rook en petroldampe van die ongeluk ingeasem het en dat Oosthuizen dit met die reuk van alkohol kon verwar het.

Hy het ook aangevoer Dippenaar is voor die ongeluk op Swakopmund deur ’n polisiebeampte voorgekeer vir onbedagsame bestuur en dat dié beampte nie enige alkohol op Dippenaar se asem bespeur het nie.

Die landdros het egter aangedui hierdie voorval verwys na ’n verskillende tyd en plek.

Oosthuizen het Woensdag die mening uitgespreek dat Dippenaar roekeloos was en die ongeluk veroorsaak het.

Hy het gister getuig enkele sekondes het verbygegaan tussen die oomblik toe Dippenaar tot agter sy motor ingetrek het, hom verbygesteek het, beheer verloor het en met die aankomende voertuig gebots het.

Botes het gister aangevoer dat Oosthuizen se getuienis is vaag en die gebeure wat hy in die hof beskryf stem nie ooreen met die ongelukstoneel nie.

Hy het verder gesê die groewe aan die linkerkant van die pad sowel as die posisie van die Toyota se voorwiele oor die middellyn van die pad word deur deskundige getuies beskou as ’n aanduiding van die posisie waar die botsing plaasgevind het.

Botes het ook verwys na me. Antonia Joschko, die enigste oorlewende van die aankomende voertuig, se getuienis waarvolgens haar vader, mnr. Markus Joschko, na regs uitgeswaai het net voor die botsing.

Gedurende herondervraging deur staatsaanklaer Faith Chiperera-Nyaungwa het Oosthuizen sy getuienis bevestig dat hy nooit die aankomende voertuig gesien het nie, omdat daar ’n opdraande voor hulle in die pad was en hulle voertuig laer as die opdraande was.

Die drie passasiers wat saam met Dippenaar in die Toyota was, was mee. Dinah Lavinia Pretorius (30), Charlene Charne Schoombe (24) en mnr. Jan Carel Horn (27). Joschko se ouers, mnr. Markus (48) en me. Stephanie Schermuck Joschko (49), en haar suster, Alexandra (19), het ook in die ongeluk gesterf.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042