Lang rye, kort lonte op Buitepos

Die implementering van 'n nuwe stelsel by Namibiese grensposte verkort besoekers se beplande vakansie met etlike ure.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Teen middernag Saterdag was sowat 'n 100 besoekers aan Namibië in 'n niemandsland gestrand.

Dít nadat die grenspos op Buitepos moes sluit voor hulle geholpe was.

Paspoorte is inderhaas gestempel sonder dat die nuwe roete van foto's en vingerafdrukke gevolg is, wat gesorg het vir ellelange rye en 'n proses wat teen 'n slakkepas verloop het.

Volgens die eienaar van die ­vulstasie en ruskamp op Buitepos wissel die ry van 60 tot 80 voertuie, met 25 vrag­motors wat Sondagaand ook moes toustaan.

'n Doring in die vlees is die nuwe stelsel wat in Desember, “ons besigste maand”, in werking getree het, sê mnr. Deon van Vuuren.

“Personeel is nie gereed hiervoor nie en is so ongeduldig en onverdraagsaam, dis 'n verleentheid vir Namibië.”

Saterdagaand het 'n 100 mense gewag om gehelp te word, en die prosessering van 'n enkele gesin het tot vier ure geduur.

'n Vrou het weens die hitte flou geword, terwyl 'n ander, wat uit die ry beweeg het om toilet toe te gaan, met haar terugkoms amper 'n mini-oorlog veroorsaak het.

“Sy het weer in haar 'ou' plek ingeval, terwyl ander daarop aangedring het dat sy weer agter in die ry inval.”

Veral gesinne met klein kindertjies kry swaar met die ure lange gewag.

“Daar is nie sitplek nie, so hulle moet heeltyd in die kar sit. Oumense word gehelp, maar dan moet hulle in elk geval in die kar saam met die res wag.”

Volgens Van Vuuren is die ruskamp volbespreek en vakansiegangers moet noodgedwonge in die donker na hul volgende bestemming reis.

“Ek hoop iemand skrik iewers wakker, want dis 'n helse verleentheid.”

Intussen berig Des Erasmus op Swakopmund vakansiegangers uit Suid-Afrika op die roete deur Botswana na die kusdorpe Hentiesbaai, Swakopmund en Walvisbaai het Sondagmiddag die pad op die grens by Buitepos versper waar verkeer ure lank vertraag is.

Die omgekrapte gaste het daarop aangedring dat swaar voertuie nie voorrang op die roete moes kry nie.

Me. René Beukes van Polokwane het op Hentiesbaai aan Republikein gesê bestuurders van vakansiegangers se voertuie het saamgespan en 'n versperring by die hek gevorm om gewone voertuie ook deur te laat met grenspersoneel wat net op die lorries ingestel was.

Beukes se geselskap moes langer as drie ure wag om van Botswana op Namibiese grondgebied te kom.

Die vertraging het haar geselskap verplig om in Windhoek te oornag terwyl hulle volgens hul reisplan reeds Sondagaand op Hentiesbaai sou wees.

Van die vakansiegangers op die roete na Namibië het ook by die grenspos omgedraai en teruggegaan huis toe.

“Julle sien ons nie weer nie,” het 'n bestuurder by sy venster uitgeroep.

Op Walvisbaai het nog 'n groep ­vakansiegangers uit Suid-Afrika vertel hoe hul reis met sewe uur vertraag is.

Die eerste drie uur moes hulle by die grenspos Slangnek tussen Suid-Afrika en Botswana wag en daarna nóg vier ure by Buitepos.

Dít terwyl hulle die toilet- en ander geriewe as vuil beskryf het en daar nie eens 'n winkel in sig was vir 'n koeldrank of iets te ete nie.

Die vertragings het 'n onverwagse oplewing in oornagplekke op Gobabis meegebring.

Van die boere in die omgewing wat van die oponthoud verneem het, het oorgery en oornagplek aan van die ­besoekers gebied.

Oor die vertragings het die besoekers op Walvisbaai vertel hoe al 10 vingers van albei hul hande se afdrukke geneem is en hoe die skanderingsprosesse sukkel-sukkel verloop het.

“En net wanneer alles feitlik afgehandel is, was daar 'n onverwagse lynonderbreking en moes alles oor gedoen word,” het een gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057