Landbouministerie hou vol houtpermitte is wettig
Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die meerderheid permitte wat vir die oes en vervoer van hout uitgereik is, is wettig. Boere het egter versuim om ook die vereiste omgewingsklaringsertifikate te kry.
Minister Alpheus !Naruseb het vanoggend tydens ‘n dringende perskonferensie in Windhoek gesê hy wil groter duidelikheid bied rondom kwessies soos die grootskaalse ontginning van beskermde boomspesies in die Noordooste van die land, wat onlangs opslae in die media gemaak het.
Hy het volgehou ingevolge die bosbouwet van 2001, is die huidige oes van dié hout wettig. Hy het egter bygevoeg dat die omgewingsbestuurswet van 2007 diegene wat hout wil oes, verplig om ook ‘n omgewingsklaringsertifikaat te kry.
Dit volg nadat die ministerie van die omgewing en toerisme verlede maand ingegryp het by die grootskaalse oes van beskermde, inheemse boomspesies in die Zambezi, Kavango-Oos- en Kavango-Wes-streke.
Volgens dié ministerie het hulle nie ‘n enkele omgewingsklaringsertifikaat uitgereik vir die afkap van en kommersiële handel in hout nie, wat beteken die grootskaalse ontginning van beskermde boomspesies is alles onwettig gedoen.
Mnr. Percy Misika, die ministerie se permanente sekretaris het ook bevestig dat oesbedrywighede opgeskort is en geen nuwe permitte uitgereik sal word vir die oes en vervoer van hout voor aansoekers nie bewys kan lewer dat ‘n bosbou-opname gedoen is en ‘n omgewingsklaringsertifikaat van die ministerie van omgewing verkry is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie