Landbou in die tyd van verkiesings

16 April 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Nasionale verkiesings behoort lotsbepalend te wees, maar retoriek verwater die lus om noodsaaklike debatte te skei van tipiese voorverkiesingsbeloftes.

Politiek is die wetenskap van die moontlike, is by geleentheid gesê, maar dit is opvallend hoe die dam beloftes vinnig leegloop as kruisiedag verby is. Andersyds het daar ‘n traak-my-nie-agtigheid ontwikkel onder kiesers, want hulle is ooglopend oorlaai met inligting deur middel van ‘n al hoe wyer netwerk van media.

Niemand kan onkunde pleit nie, maar of daar werklik ag geslaan word op hoe en óf kwessies aangespreek word, is ‘n ope vraag.

Die kieser se reaksie wissel van skok oor die redes, of die gebrek daaraan, wat voor stemdag aangegee word vir die nienakoming van vorige beloftes, tot “dit maak nie saak nie, want dit is nie belangrik genoeg nie”.

Waarnemers van buite maak bepaald ook hul eie afleidings. Wat belangrik is, is die gees van afwagting soos in die geval van graderingsagentskappe. Behalwe vir die inhoud van verkiesingsmanifeste, is die manier van oordra van inligting deur veral die sosiale media, ook van kernbelang.

Kort en op die punt af boodskappe spreek boekdele, maar grens aan bitsigheid of kom beledigend oor as die opsteller van die boodskap by die einde begin en dan nie plek oor het om sy siening te verdedig nie.

Dis opvallend hoe die inhoud nie aangepas word vir die verskillende lae van die bevolking nie, met die gevolg dat die massas uitgelaat word en dit ook so ervaar.

Hulle opper hul frustrasies op ander maniere. ‘n Brandende kerk trek meer aandag as ‘n brandende vragmotor. . . Dit is dalk ‘n verbysterende bewys van hoe diep die ongelukkigheid strek.

Brandstigters se ontevredenheid is die gevolg van swak, onvoldoende en/of die afwesigheid van dienslewering. Maatskaplike ongeregtigheid soos werkloosheid en armoede is nie net plaaslik die motivering om jou skrede tot vuurhoutjies te wend nie.

Opstande en gepaardgaande gewelddadige onderdrukking daarvan is so oud soos die mensdom self. Die landbou het belang by al hierdie onstuimigheid.

Die gebrek aan dienste en die sosiale degradering wat werkloosheid tot gevolg het, beteken verminderde vraag, maar ook fiskale onvermoë om skaars geld reg aan te wend. As die vuur brand, is blus die aangewese stap. Boere verstaan egter dat ‘n mens nie net beter brandblussers moet word nie, maar ook beter brandpadmakers.

Soos wat die gewone man op straat aandag vestig op sy en haar frustrasies in die fiskale droogte wat ontstaan as gevolg van korrupsie, administratiewe rompslomp en bestuursonvermoë, kan die landbou die impak van ‘n werklike droogte ook blootlê. Daar is gevalle bekend waar boere hulle tot geweld gewend het om hul saak te stel.

Allerhande sosiale ingrypings soos welvaarttoelaes versag tot ‘n mate die ellende van miljoene van die armstes onder die armes.

Vir dié in die saal is dit ‘n gewilde bewys van wat die regering doen vir die armes, maar wat verswyg word, is die redes vir die armoede. Weer word daar gewag gemaak van wat ná die verkiesing gaan gebeur.

Kospryse het al verkiesings geswaai, maar weerskante van die plaashek is daar verskillende menings daaroor.

Boere sweet onder te lae pryse, want hulle bly prysnemers. Verbruikers ly onder onbekostigbare hoë pryse en die middelman beweer ontoereikende vergoeding op sy poging om die plaashekproduk te omvorm tot verbruikbare produkte, ontmoedig verdere beleggings.

Dit gaan oor die stand van die ekonomie, erkenning van die gebrek aan groei en uitvoerbare beleidsaanpassings om dit reg te stel.

Boere luister dus in die verbygaan na die retoriek, maar kan selfs saam betoog vir verbeterde dienslewering. ‘n Stukkende pad raak hom net so baie soos die stedeling.

Beleidsekerheid is waarna gesoek word, maar in die gepaai van die oproeriges raak dié boodskap weg.

Landbou se stemkrag is vergete by die stembus. Daar moet anders gestem word, deur byvoorbeeld dít wat op die tafels van die verbruiker kom.

Een gerusstelling is dat stemgeregtigdes op 8 Mei met ‘n vol maag sal kan stem as dit van die boere alleen afhang.

Soortgelyk

 

Geingob vergader met Nanso oor studiegeld

2 ure gelede | Onderwys

Me. Ester Simon, president van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het pas bevestig die organisasie vergader vandag by Staatshuis met pres. Hage Geingob...

Mexikaanse sakeman wil Erindi koop

3 ure gelede | Omgewing

Die internasionale entrepreneur, filantroop en president van die konsortium BAL-groep, mnr. Alberto Baillères, 'n gerespekteerde Mexikaanse sakeleier, is besig om die kooptransaksie met Erindi...

Katrina hoor Maandag 8 Julie

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Regter Christie Liebenberg het vandag gesê hy sal nie later nie as 8 Julie uitspraak lewer in die verhoor van me. Katrina...

Theo Diergaardt voor vir beweerde bedrog

5 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die beheeraanklaer van die landdroshof in Windhoek, mnr. Hans Thourob, het bevestig mnr. Theo Diergaardt, oudminister van grondhervorming, is gister inhegtenis geneem.Volgens...

Windhoek se waterverbruik in die rooi

6 ure gelede | Omgewing

Die Windhoekse munisipaliteit sê oor die afgelope week het Windhoekers 7% meer water gebruik as wat huidige teikens vir waterbesparing toelaat. Die weeklikse teiken is...

Dit moes lankal gebeur het, sê Kanime.

7 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Oomblikke nadat hy gisteraand heraangestel is, het mnr. Abraham Kanime aan Republikein gesê dit moes lankal gebeur het.Die Windhoekse stadsraad het gisteraand...

Raad sit oor polisiehoof

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

17 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

17 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...