Land Rover-liefhebbers troef die Kalahari
Lede van Land Rover Owners Namibia (LRON) en genooide 4x4-entoesiaste het onlangs 'n naweek in die Kalahari op die plaas Butiaba geniet om hul bestuursvernuf ten toon te stel.
Vanjaar is vroue aangemoedig om ook die duine- en Globale Posisioneringstelsel(GPS)-uitdaging aan te pak, en hulle het nie hiervoor teruggestaan nie.
Me. Olga Bisshoff in haar Land Rover Defender 130 is nie net as algehele vroulike wenner aangewys nie, maar ook as algehele wenner.
In die tweede plek in die vroue-afdeling was me. Delene Schutte in haar Land Rover Defender 110.
Bisshoff het ook met die louere in die ekstreme uitdaging weggestap, met Schutte in die tweede plek en
mnr. Henry Bisshoff in die derde plek.
Altesaam 71 volwassenes en 16 kinders het aan dié aksiebelaaide naweek deelgeneem.
LRON reël nie net opleiding en 4x4-aktiwiteite nie, maar belê ook in die gemeenskap.
In die laaste twee jaar het hulle N$132 000 ten bate van verskeie organisasies ingesamel.
Die opbrengs uit die tweede Land Rover Festival op Uis, wat van 24 tot 27 Augustus plaasvind, sal aan twee organisasies geskenk word wat op mens-dier-konflik fokus.
Vir meer inligting oor die Land Rover Festival of LRON, kontak [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie