Land Rover gee Dagbreek Skool hupstoot
Tanja Bause - Die Dagbreek Skool in Windhoek word die afgelope drie jaar al deur Land Rover Owners Namibia (LRON) ondersteun as deel van hul maatskaplike verantwoordelikheid.
Tydens vanjaar se fondsinsameling het LRON-lede en vriende van Dagbreek Skool sowat N$25 000 ingesamel.
Items ter waarde van N$20 000 vir die kombuis en die gasvryheidsentrum is aan die skool oorhandig.
Verlede jaar het LRON N$30 000 ingesamel waarmee stowe, yskaste en vrieskaste gekoop is. Vanjaar se geld is gebruik om eetgerei en breekware aan te koop.
Die oorblywende N$5 000 is gebruik om die leerlinge wat in die koshuis bly mee te bederf.
Die leerlinge het geskenkpakkies met basiese toiletware asook koeldrank en lekkers ontvang.
Sewe werknemers van Dagbreek, sowel as 28 koshuiskinders is op ’n braai en ’n 4x4-uitstappie getrakteer.
Altesaam 16 LRON-voertuie en 35 lede het die geleentheid bygewoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie