Laer inflasie bied stukrag vir ekonomie
Laer inflasie bied stukrag vir ekonomie

Laer inflasie bied stukrag vir ekonomie

Koste van dienste bekommer
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Kosinflasie se dalende tendens van die afgelope maande kry nuwe betekenis as die tempo van die daling vir verskillende ­entiteite ontleed word.

Kosinflasie in die landelike gebiede van Suid-Afrika het in Maart bykans geen jaar-op-jaar styging getoon met die toename van slegs 0,2% nie. Dit staan in skrille kontras met die gemiddelde kosinflasiesyfer van 3,6% in stedelike gebiede, maar meer in pas met die land se gemiddelde ­inflasie van 2,8%.

Hooflyninflasie het weer afgeneem in Maart 2018 tot 3,8%. Verdere goeie nuus is dat indien die inflasie per inkomstegroepe vergelyk word, verbruikers wat tot R17 721 per jaar verdien, veral gebaat het by laer kospryse met inflasie van 0,8% in Maart.

Daarteenoor het verbruikers wat meer as R269 903 verdien, inflasie­vlakke van 4% ervaar. Kosinflasiesyfers per provinsie het ook betekenisvol gevarieer, maar gegewe die landelike aard van byvoorbeeld die Vrystaat was die 4,4% inflasie in Maart uit pas met dié van landelike gebiede in die geheel.

Die Oos-Kaap se inflasie was op 1,7% en dié van die Wes-Kaap op meer as 4,9%. Die Noord-Kaap het ook gely onder hoër as die normale inflasie met 4%. Die Noordwes-provinsie se kosinflasie van 0,8% was goeie nuus vir dié politiek onstabiele streek.

Indien die werklike spelbrekers van algemene inflasie egter ontleed word, is die relatiewe gewigte van geadministreerde pryse, dienste (krag, munisipale dienste, ens.) en vervoer egter kommerwekkend en sommige ekonome voorspel dat opwaartse prysdruk soos die stygende internasionale olieprys, hier kan lol.

Dié uitgawes erodeer die koopkrag van veral die arm verbruikers, want hule moet eers vir hierdie dienste betaal voordat hulle kan eet.

Oor die algemeen is die jongste inflasiesyfers goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse Reserwebank, want inflasieteikens fokus nou op die middel van die twee grense en verskuif die klem van keer vir stygende inflasie, na ­stimulering soos die hersiening van die rentekoersbeleid.

Sulke inspuitings het reeds die Suid-Afrikaanse ekonomie stukrag gegee, wat meer kan wees as 'n korttermyn energiedrankie. Die nuwe ­medisyne help, en bou sodat versnelling kan begin namate ander strukturele ­hindernisse getakel word.

Die internasionale gemeenskap, soos die Wêreldbank, verwag dan verbeterde ekonomiese groei en indien dit realiseer sal dit uiters positiewe gevolge vir die hele substreek hê.



NAMIBIESE INFLASIE

Namibiese inflasie toon ewe verblydende verandering en kosinflasie bly minder as algemene inflasie. In Maart vanjaar was die syfers onderskeidelik 2,7% en 3,5%. Die gaping tussen dié twee inflasiesyfers, naamlik kosinflasie wat laer is as algemene inflasie, het egter kleiner geword met slegs 0,8% in Maart wat nie 'n goeie teken is nie.

Maart se kosinflasie van 2,7% was hoër as die voorafgaande maand se 2,0% en dit behoort wenkbroue te laat lig. Kosinflasie was in Maart een van vier groeperinge wat positief bygedra het tot algemene inflasie – 13,9% versus dié van dienste van 25,9%, vervoer op 24,5% en dié van alkoholiese drank en tabak op 16,5%. Die res van die groeperinge het dalende bydraes gelewer. Die belangrikheid van hierdie waarneming is dat die vier groeperings wat inflasie opgedruk het, swaargewigte in die inflasiemandjie is. Dienste-inflasie van 4,4% is in Maart aangeteken, terwyl goedere se bydrae op 2,8% steeds daal.

Dalende inflasie, veral kosinflasie soos wat tans die geval is, sal verligting bring in terme van 'n effense verbetering ten opsigte van hoe geld bestee kan word.

Die Pietermaritzburg Agentskap vir Sosiale Gemeenskapsaksie (Pacsa), 'n nieregeringsorganisasie wat deurlopend navorsing publiseer oor die impak van inflasie op die koopkrag van die armes, dui egter duidelik aan dat bestaande toelaes steeds ontoereikend is om gesonde kos te kan koop. Trouens, die nuutste verwerkings toon dat die verhoogde belasting op toegevoegde waarde negatief kan inwerk op volhoubare laer inflasie en Pacsa is veral bekommerd dat die vrygestelde produkte hoër inflasie aangeteken het as produkte wat nie vrygestel is nie.

Kortom, laer kosinflasie en dalende algemene inflasie is baie goeie nuus mits geadministreerde pryse en veral dié van dienste wat die staat lewer, in toom gehou kan word.

Indien dit nie die geval is nie, sal verbruikers aan die kortste end trek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!