Laat die (diere)kindertjies na ons toe kom

07 May 2019 | Rubrieke
Grietjie het 'n nare ontdekking by Kameeldoringspruit gemaak.

In die spruit lê 'n dooie dassie. Langs die dassiekarkas lê 'n bottel water, 'n blou tou en 'n geroeste stuk yster. Daar is 'n duidelike steekwond by die dassie se blad waar die brommers draai.

Die dassie, wat altyd by Kameeldoringspruit in die son gebak het, was deel van 'n dassiepaar. Die mannetjie het die wyfie in en uit die spruit gejaag.

Grietjie en haar ma se harte voel baie seer en swart. Wie sou die onskadelike dassie so wreed doodmaak? As 'n honger mens 'n strik vir die dassie gestel het om dit te eet, sou dit nog aanvaarbaar wees.

Grietjie en haar ma het al gesien hoe die kinders by die speelpark langs die spruit 'n verkleurmannetjie met 'n stok optel en rondgooi, ook hoe hulle meerkatte met klippe gooi.

Op Facebook pleit die Cat Protection Society vir iemand om 'n volwasse kat aan te neem. Die iemand moenie kinders hê nie, want die kat het by 'n skool gebly en is glo daar deur kinders seergemaak. Grietjie wonder hoe kinders so boos kan wees deur diere seer te maak? In die Noorde het 'n man glo 'n hond met 'n tou gewurg en gehang nadat hy hoenders gevang het. Goeie genugtig!

Vriende van Grietjie, Jako en Lientjie, vra ook op Facebook of iemand 'n babakat wat Jako op 'n bouperseel in Otjmuise opgetel het, kan red.

Grietjie sê bring die kat en doop haar Lientjie. Die verrinneweerde katjie, wat meer na 'n muis of 'n meerkat lyk, is net vyf weke oud en weeg 'n skrale 400 gram. Net vel en been, wonde en lang snorbaarde. Die katjie het 'n brandwond op haar kop, haar stert is geknak en sy is verwaarloos en verwese.

Veearts toe met Lientjie. Sy toets negatief vir leukemie, maar daar is bakterieë in haar maag en antibiotika moet help. Grietjie kan nie meer vir Die Verevrou van Jan van Tonder wat sy so begeer, koop nie. Die veeartsrekening slurp Die Verevrou en nog begeerde boeke se begroting op, wat sy op die boekrak wou sit wat die nuwe buurvrou gebring het. Lientjie-kat en boekrak het op dieselfde aand opgedaag.

Klein bondeltjie Lientjie raak beter. Sy word woelig en speel in die tuin. Sy raak stout en klim met haar brandmaer lyfie deur die tuin se heining.

Toe kom die troos ná al die hartseer van 'n vermoorde dassie en 'n verwaarloosde kat. 'n Nuwe dassiekind van dassiepaar maak sy verskyning in die sonkol langs die spruit.

Die hoogtepunt is ‘n bandmuishond-familie van meer as 20 wat hulle by Kameeldoringspruit kom tuismaak. Grawe in die grond op soek na goggas en bad in die voëlbad. Kir-kir-kir klets hulle voort. Hulle pof hul streepsterte as Australiese beeshond vir hulle blaf.

Die klein bandmuishondjies glip ook deur die heining, kom maak hulle tuis in die tuin en klim op die stoep.

Grietjie wou na ‘n eiland trek met geen mens in sig nie, veral geen bose mense wat diere seermaak nie.

Die eiland en Die Verevrou moet maar eers wag, want Kameeldoringspruit voel weer soos die paradys met nuwe dassiekind, kat en bandmuishonde.

Jesus het genooi "laat die kindertjies na My toe kom". Laat die dierekinders maar na Kameeldoringspruit toe kom.

Soortgelyk

 

Regering staan bakhand vir 2% van Namibiërs se jáárlikse...

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die verwarring oor of die regering Namibiërs vra om 2% van een maand of een jaar se basiese salaris te skenk, is...

Making employees feel at home at Plastic Packaging

1 dag gelede | Mense

JONELL MALAN Human resource management is a function in organisations designed to maximise employee performance in the service of an employer’s strategic objectives. One empowers...

Duisende registreer vir e-taks

1 dag gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

1 dag gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

1 dag gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Just a click away

1 dag gelede | Gesondheid

Michelline Nawatises Organic Box is an online grocery shop specialising in selling organic vegetables, meat and dairy products, farm produce, and speciality homemade products.It was...

Rundu surveys new extensions

1 dag gelede | Plaaslik

The Rundu town council plans to survey two new extensions in the Tuhingireni informal settlement for N$ 1 million, according to the head of town...