Laaste politieke veldtogte
Verskeie partye het die afgelope naweek hul finale saamtrekke oraloor die land gehou.
Kristien Kruger
Verskeie politieke partye het die naweek vir oulaas stemme probeer werf tydens hul finale saamtrekke voor die streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings wat Woensdag plaasvind.
Pres. Hage Geingob het gister 'n groot skare Swapo-ondersteuners in die Sam Nujoma-stadion in Katutura in die hoofstad gelok. Die organiseerders het met sy aankoms gemaan dat sosiale afstand gehandhaaf moet word.
In sy toespraak het hy gesê innoverende maniere is tydens die Covid-19-pandemie gevind om suksesvolle politieke veldtogte te hou.
Die president het erken die land ervaar steeds probleme, “maar ons sal meer doen as julle ons sou toelaat om voort te gaan”.
Hy het verwys na veldtogte wat verandering aanmoedig.
“Wat wil hulle verander; ons vryheid en vrede waarin ons tans lewe?” vra Geingob.
“Dit is 'n leuen dat niks in 30 jaar verbeter het nie.”
Die president was ook Saterdag op Otjiwarongo vir 'n saamtrek, terwyl visepresident Nangolo Mbuma terselfdertyd 'n veldtog op Aroab en die sekretaris-generaal van Swapo, me. Sophia Shaningwa, op Oshakati gelei het.
Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement (PDM), se president, mnr. McHenry Venaani, was verlede week in die Erongostreek waarna hy Vrydag in die Okakarara-kiesafdeling, Saterdag in Katutura en gister by die Opuwo-sokkerstadium in die Kunenestreek veldtogte gehou het.
Die Independent Patriots for Change (IPC) se dr. Panduleni Itula was gister op Ongwediva waar ondersteuners visse aan hul voertuie gedrapeer het om die Fishrot-korrupsieskandaal te versinnebeeld. Vrydag in die Erongostreek het 'n groot skare by die Swakopmund-museum byeengekom het.
'n Deurry-saamtrek van die Landless People's Movement (LPM) het Sondag in Kuisebmond op Walvisbaai plaasgevind waartydens voertuie vol ondersteuners deur die strate gery het.
Intussen het die Affirmative Repositioning (AR) Saterdag voor die huis van hoofregter Peter Shivute betoog en aangedring om hom te sien sodat hulle 'n klagskrif oor die aanstelling van die aanklaer-generaal aan hom kan oorhandig.
Die betoging sou aanvanklik voor die hooggeregshof plaasvind, maar Shivute het 'n verteenwoordiger gestuur om die klagskrif in ontvangs te neem, maar die groep het geweier om dit aan hom te oorhandig.
Geingob het Donderdagmiddag aangekondig dat verkiesingsdag 'n openbare vakansiedag sal wees.
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se hoofkiesbeampte, mnr. Theo Mujoro, het verlede week gesê hulle kan nie 'n spesifieke datum gee wanneer die finale verkiesingsuitslae beskikbaar sal wees nie.
Volgens hom is dié proses van verskeie faktore afhanklik, soos die insameling van stembriewe van stemlokale oraloor die land wat beïnvloed word deur die afstand tussen stemlokale in streke. Die finale tel van stemme moet in die hoofstad geskied.
“Dit is belangrik om te onthou dat die streekraadverkiesings in 116 verskillende kiesafdelings geskied en in 57 verskillende plaaslike owerhede.
“Daarom sal die uitslae van individuele kiesafdelings en plaaslike owerhede op verskillende tye aangekondig word, afhangend van die aantal mense wat stem, die afstande tussen stemlokale en die aantal kandidate of partye,” het Mujoro gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie