La Cock se o.19-span aangekondig
La Cock se o.19-span aangekondig

La Cock se o.19-span aangekondig

Namibië is volgende maand die gasheer vir die kwalifiserende Wêreldbekertoernooi.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die 15-jarige Divan la Cock is as kaptein aangewys van die Namibiese span wat volgende maand sy Afrika-uitdagers te bowe moet kom in die kwalifiserende toer­nooi vir die 2020 Wêreldbeker in Suid-Afrika.

As gasheerspan sal Namibië in die binnebaan vir kwalifisering wees, maar sal nogtans die aanslag van Kenia, Uganda, Nigerië, Sierra Leone en Tanzanië moet afweer. Die toernooi in Windhoek begin op 15 Maart en duur tot 24 Maart.

Afrigter Dee Thakur se jong span verdedig die status dat Namibië sedert sy debuut in 1998 nog selde afwesig was van die tweejaarlikse junior Wêreldbekertoernooi. Net by twee geleenthede (2004 en 2010) het Namibië uitgeval toe die kwalifisering ook ander streke benewens Afrika ingesluit het.

Die hoogtepunt van 2016, toe Zane Green se span Suid-Afrika as verdedigende wêreldtitelhouer geklop het en uiteindelik sewende in die toernooi geëindig het, is 'n prestasie wat gewis nie ligtelik herhaal sal word nie.

Nietemin sal Namibië hoegenaamd nie in 'n bui wees om oor kwalifisering vir 2020 te onderhandel nie. Kenia is ook 'n redelik gereelde WB-kwalifiseerder wat twee jaar gelede ook in Nieu-Seeland verteenwoordig was, terwyl Uganda 'n ontluikende krieketland met potensiaal vir 'n hoër vlak is.

Ondanksy sy jeugdige ouderdom het La Cock hom reeds as 'n talentvolle kolwer bewys. By die Khaya Majola-week van provinsiale o.19-krieket laas Desember in Kaapstad het hy die toernooi afgesluit met 194 lopies van 288 balle (14x4 en 6x6), 'n hoogste telling van 99 nie uit nie teen Limpopo, 'n gemiddeld van 38.8 en 'n treftempo van 67%.

Van die boulers was Mauritius Ngupita uitstaande in die Kaap met 27 leë boulbeurte uit die 64 wat hy afgestuur het. Sy 14 paaltjies ten koste van 114 lopies was 'n uiters waardevolle bydrae, tesame met Jan-Izak de Villiers se nege paaltjies.

La Cock sal net kan steun op die ondervinding van vier spelers wat van verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland oorgebly het en steeds binne die ouderdomsperk val. Hulle is die topordekolwer Henry Brink; die veelsydige snelbouler Jan-Izak de Villiers; Ramon Wilmot, 'n regshandige kolwer en regterarm draaibouler, en die naatbouler Mauritius Ngupita.

Die o.19-groep onder La Cock se kaptein­skap het reeds in die huidige seisoen aan hul samespel geslyp tydens hul vriendskaplike wed­stryde oor 50 boulbeurte teen al die spanne in die premierliga van Krieket Namibië.

Die verkose spelersgroep is (skool en klub tussen hakies):

Divan la Cock (kaptein, Windhoek Hoër­skool, WHS Old Boys)

Victor van der Watt (onderkaptein, Walvisbaai Privaat Hoërskool, JCCA / Welwitschia XI)

JC Balt (Windhoek Affies, Wanderers)

Ettienne Beukes (Walvisbaai Privaat Hoërskool, JCCA / Welwitschia XI)

Henry Brink (Paul Roos Gimnasium, Primrose krieketklub)

Matthew de Gouveia (International School Walvis Bay, Blue Waters / Welwitschia XI)

Jan-Izak de Villiers (Windhoek Gimnasium, Wanderers)

Dian Neethling (Walvisbaai Privaat Hoërskool, JCCA / Welwitschia XI)

Mauritius Ngupita (Tutaleni High School, Blue Waters / Welwitschia XI)

Altus Opperman (Windhoek Gimnasium, WHS Old Boys)

Mell Theunissen (Windhoek Gimnasium)

Ramon Wilmot (Windhoek Gimnasium, CCD Tigers)

Eric Willson (Pro-Ed Akademie, Swakopmund / Welwitschia XI)

Erich Wittmann (Hoër Jongenskool Paarl)

Die twee reserwespelers is Diwan Engelbrecht (Windhoek Gimnasium) en Renier Bosman (Pro-Ed Akademie en Sparta / Welwitschia XI).

Die span word onder hande geneem deur Dee Thakur as afrigter, Gareth Cloete as hulpafrigter en Lauritz Haccou as spanbestuurder.



KLUBKRIEKET

Samsung FNB Wanderers het Saterdag met sy oorwinning teen Welwitschia XI die gaping uitgewis en by WHS Old Boys aangesluit boaan die puntelys van Krieket Namibië se premierliga oor 50 boulbeurte.

Wanderers het die tuiswedstryd met 157 gewen danksy hul stewige kolftotaal van 257/9 wat op 84 lopies (69 balle, 5x4 3x6) van kaptein Nicolaas Scholtz gebou was.

Gerrie Snyman (33), JJ Smit (23) en Bernard Scholtz (24) het ook kleiner bydraes gemaak.

Van die Welwitschia-boulers het Mauritius Ngupita (3/39 in 10) en die draaier Shalako Groenewald (3/53 in 7) die paaltjies geneem, terwyl Reynard van Zyl stewig was met 2/20 in 5.

Vroeë deurbrake deur die aanvangsboulers Pieter Rossouw (3/24 in 10) en Jan-Izak de Villiers (1/10 in 6) het die besoekers van die kus egter op die agtervoet gedwing, terwyl Gerrie Snyman (3/28 in 8) en Bernard Scholtz (2/9 in 7) van die later kolwers help ontslae raak het.

Matthew de Gouveia se 20 lopies was die enigste ligpuntjie in die Welwitschias se teleurstellende totaal van 100 almal uit.

• By die CCD-veld het reën in die tweede kolfbeurt die spel onderbreek, maar die CCD Tigers het met die Duckworth Lewis-formule met tien lopies teen Trustco United gewen.

Die kolftellings was maar laag, met CCD wat in 49 boulbeurte net 153 kon opstel. Die hoogtepunte was Percy Katyora se 35, Nicol Loftie-Eaton se 22 en Norbert Manyande se 35.

Dit was 'n doeltreffende dag vir die United-boulaanval van Christopher Coombe (3/42 in 8), Dewald Nell (2/19 in 7), Danie van Schoor (2/26 in 10), Lo-han Louwrens (2/28 in 9) en Jan-Ivan van Dyk (1/11 in 7).

United se kolwers het uiteindelik net 38 boulbeurte gekolf, waarin hulle vir 131 uitgeboul is.

Darren van Dyk (1), Brandon Groenewald (2) en Danie van Schoor (6) is al drie van die boulwerk van Elton Ambambi deur Joshuan Julius agter die paaltjies uitgevang om United op 12/3 te laat.

Lopies het wel van Hendrik van der Walt (27), Lo-han Louwrens (17), Dickson Vambe (14) en Henry Olivier (22) begin kom, maar tydige deurbrake deur die CCD-boulers het die ergste gevaar in die kiem gesmoor.

Elton Ambambi was uiteindelik die uitblinker met 5/28 in 9 boulbeurte, terwyl Norbert Manyande met 2/3 in twee boulbeurte van hom laat kennis neem het.

CCD se oorwinning plaas hom in die derde posisie op die puntelys, agt punte agter die twee voorlopers.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026