Lê jou hande op 'n versamelstuk

Dani Booysen
Die wenaanbod in die opveiling van 'n derde Wêreldbeker-rugbybal geteken deur Namibiese spanlede was N$2 500.

Alle inkomste gaan aan die Amos Meerkat-projek vir kleuterskole.

Die totale opbrengste staan nou op N$4 850 met vyf sulke balle wat nog opgeraap kan word.

Mnr. Johan Gous het gister gesê sy versamelstuk gaan in sy “mannegrot” pryk. “Die outjies speel met hart en siel en sit hulle lywe op die spel,” was sy opmerking oor Namibië se vertoning dusver. Die entoesiasme van die sogenaamde “klein” spanne is volgens Gous 'n belangrike deel van die skou­spel. Hy sê Namibië moet dieselfde durf en moed teen die All Blacks wys as teen die Springbokke.

Gous boer naby Witvlei. Sy suster, me. Judy Wiese, is 'n stigterslid van die Amos Meerkat-projek.

Mnr. Nico Muller het intussen ook sy versamelstuk ontvang, waarop hy N$500 gebie het. “Een ding wat ons het bo al die ander spanne is 'guts',” het hy oor Namibië se spel gesê. Nieu-Seeland sal wen, maar: “Hulle gaan 'n paar yspakke nodig hê as hulle van die veld af kom,” voorspel Muller.

Deelname aan die veiling was vir hom 'n wen-wen-plan vir 'n goeie saak.

Gous en Muller reken beide Namibië gaan Kanada klop. Volgens Muller sal die punteverskil 15 punte wees.

Kyk hiernaas hoe om aan die veiling deel te neem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!