Kyk na jou voertuig se bande
Jou motor se bande speel ’n belangrike rol in die veiligheid en hantering van jou motor.
Die Namibiese Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) verskaf dié 6-punt kontrolelys aan motoriste om die veiligheid van hul families en ander padgebruikers te verseker deur op die volgende vrae te let:
1. Het jou motor se buitebande enige snye of krake?
2. Is daar enige vreemde voorwerpe in jou motor se buitebande?
3. Het die motorwiel enige snye of krake?
4. Is die wielmoere behoorlik vasgedraai?
5. Is die bande se loopvlakgroewe diep genoeg of is die bande afgeslyt en glad?
6. Is die noodwiel in ’n goeie toestand?
Die MVAF gee ook aan motoriste verdere raad wanneer jou voertuig se bande en wiele ter sprake is:
· Maak altyd seker jou voertuig se bande, insluitend die noodwiel, is tot die regte druk gepomp.
· Stikstof in jou motor se bande kan voorkom dat die bande te warm op die pad word.
· Maak altyd seker jy het die nodige toerusting in jou voertuig om die bande om te ruil.
· Maak seker die spoedgradering van jou motor se bande is geskik vir die spoed waarteen jou motor kan ry.
· Maak seker die wielsleutel in jou motor is geskik vir jou spesifieke motor.
Voorkoming is beter as genesing, lui die spreekwoord, dus maak seker jou voertuig se bande en wiele voldoen aan die nodige standaarde en vereistes voor jy die lang pad aandurf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie