Kwota-stank in visserye onthul
Kwota-stank in visserye onthul

Kwota-stank in visserye onthul

Duisende gelekte dokumente toon onder meer dat die minis­ter van visserye en mariene hulpbronne glo omkoopgeld vir viskwotas ontvang het.
Catherine Sasman
'n Internasionale skandaal het losgebars met die ­vry­stelling van meer as 30 000 WikiLeaks-­dokumente wat wys hoe 'n maatskappy in Ysland, ­SAMHERJI, oor 'n tydperk van ses jaar – tussen 2010 en 2016 - na be­wering ongeveer N$150 miljoen aan die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, en sy 'haaie' uitbetaal het.

Die beweerde 'haaie' sluit in die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, Esau se skoonseun mnr. Tamson “Fitty” Hatuikulipi, en dié se neef mnr. James Hatuikulipi.

Die dokumente is deur die voormalige besturende direkteur van SAMHERJI se kantoor in Namibië, mnr. Jóhannes Stefánsson, laat uitlek.

Dit sluit in e-posse, interne verslae, sigblaaie, aanbiedings en foto's. Die eerste stel dokumente wys die modus operandi van die rolspelers, hoe omkoopgeld oorhandig is en hoe transaksies in 'n geheime bankrekening in Dubai inbetaal is.

Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) is reeds die afgelope jaar met ondersoeke in dié saak besig.

Ysland se staatsuitsaaier, RUV, het Stefánsson as volg aangehaal: “Dit is 'n misdaad, net georganiseerde misdaad. Hulle maak geld uit die land se bronne en vat dit landuit om óf in Europa óf in die VSA te belê.”

SAMHERJI is al 'n dekade in die Namibiese visbedryf nadat dit nie in 2010 kwotas in Marokko en Mauritanië kon hernu nie.

Fitty was glo van die eerste mense wat SAMHERJI-verteenwoordigers hier ontmoet het – in November 2011 op die dak van die Hilton Hotel. Hy het SAMHERJI in kontak met Esau geplaas en dit glo duidelik gemaak hy sou 'n marsbankerkwota vir die maatskappy verseker.

Esau het glo altyd op streng vertroulikheid en geheimhouding aangedring. Hy is ook gesien waar hy met 'n voornemende Chinese belegger by 'n restaurant in Windhoek oor 200 000 (geldeenheid onduidelik) onderhandel en ook aandring op vertroulikheid. Toe RUV hom hieroor konfronteer, het hy dit ontken.

Die verhouding tussen SAMHERJI was skynbaar “baie goed” vir “politieke toekennings van kwotas”. Daar was ook glo gesprekke oor kwotas wat “deur middel van Swapo” verkry kon word en goedkoper sou word, met slegs 'n “kwotafooi” aan die party.

In ruil daarvoor moes die maat­skappy Esau glo US$60 000 betaal vir sy “bydrae” tot SAMHERJI se toetrede tot die Namibiese visbedryf. Dié geld is na bewering in 'n sportsak by die Hilton Hotel afgelewer.

“Vir al die omkoopgeld was daar slegs rekeninge om dit in boekhouding te regverdig. In sommige gevalle is konsultasiereëlings getref en 'n huurkontrak is ook aangegaan. Dit was alles hoofsaaklik vir boekhoudoeleindes, en dus word geen vrae hieroor geopper nie,” het Stefánsson gesê.

Die 'haaie' is glo minstens drie keer Ysland toe gevlieg en miljoene is blykbaar vir hulle “opgediep”.



FISHCOR-VERBINTENIS

Esau het in 2014 'n kwotatoekenning aan Fishcor gemaak.

Dit is later deur die hooggeregshof onwettig verklaar, maar Stefánsson sê dit het geen effek gehad nie, want Esau het toe die wet só aangepas om Fishcor te begunstig. 'n Gedeelte van dié kwota is aan SAMHERJI gegee.

'n Maatskappy met die naam ERF1980 het ook op die toneel verskyn, en dié is blykbaar gekoppel aan “James en geselskap”. Die “uiteindelike eienaars” was Shanghala en James Hatuikulipi, die voorsitter van Fishcor se raad.

In 2016 het SAMHERJI 'n 5 000 ton-kwota van Fishcor teen 'n prys van 50 miljoen Yslandse krone (ongeveer US$399 906) minder as die markwaarde gekry. Die maatskappy­ JTH Trading het ook 30 miljoen krone (US$239 943) van SAMHERJI gekry.

Die patroon van uitbetalings en oorbetalings is in 2017 en 2018 herhaal.



KWOTA-UITRUILINGS

Shanghala het na bewering in 2013 'n voorstel gemaak dat Angola en Namibië 'n internasionale “kwota-­uitruilingsooreenkoms” moet aangaan.

SAMHERJI het toe vyf mense van die twee lande na Ysland genooi, insluitend Shanghala en James Hatuikulipi.

Stefánsson beskryf die ooreenkoms as sulks: “Dit was slegs 'n transaksionele ooreenkoms, onder valse voorwendsels, sodat die haaie 'n vangs kon maak, wat hulle aan SAMHERJI kon verkoop en 'n wins vir hulself kon maak. En hulle moes natuurlik 'n vennoot van Angola kry, soos die minister van visserye en ander wat ook 'n deel van die koek kon kry.”

Shanghala het op 'n vergadering in Ysland in 2014 dié ooreenkoms so beskryf: “Ons moet toesien dat die ooreenkoms nie verander word nie, selfs al word die minister vervang. Die geleenthede wat ons in Namibië en Angola kry, is nie vir almal beskikbaar nie, en voordat ander die lig aanskakel, moet ons alles aan die gang kry. Dit is hoekom ons albei ministers tot die beste van ons vermoë moet verdedig.” - Saamgestel deur Catherine­ Sasman/Bronne: Wikileaks/RUV

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.85/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 886.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 89.21/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 913.23/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.85/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 886.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 89.21/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 913.23/OZ DOWN -0.0029