Kwaai storms op pad

'Groot dele gaan in reën swem'

04 December 2019 | Weer
Elvira Hattingh



Weerkenners is dit eens goeie reëns kan van vandag tot Saterdag veral in die noordelike, sentrale en oostelike dele van Namibië voorkom, terwyl Botswana ook teen sterk reën waarsku.

Boonop is 'n weerwaak uitgereik oor kwaai storms sedert gister in die Ohangwena-, Oshikoto-, Otjozondjupa-Oos-, Khomas- and Omahekestreek.

Die nieregeringsorganisasie LandWater, wat satellietfoto's weten­skaplik ontleed en interpreteer, noem die komende dae 'n “swembadtydperk” vir Namibië, waartydens “groot dele in reën gaan swem”.

LandWater meen die reën kan tot Sondag en later voortduur, maar meer noordoos in die Zambezistreek.

Die reën behoort ook die suidelike en westelike dele van die land te bereik.

“Jul omgewing gaan dus oor die volgende paar dae ingrypend verander,” sê LandWater.

“Wat dit soveel meer besonders sal maak, is die oostelike deurvryf van die diagonale tropiese vogkanaal. Ons kyk dus na die volle dekking van reën oor die hele Suider-Afrika, met verminderde dekking oor die Suidweste,” sê die organisasie.

Intussen het die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, aan Republikein gesê hulle volstaan by hul voorspelling Maandag waarvolgens reën na die noordelike, sentrale en oostelike dele van die land op pad is.

Botswana se department van meteorologiese dienste het 'n kennisgewing uitgereik waarvolgens swaar reën met sterk winde en weerlig van môre tot Vrydag in die buurland verwag word.

“Swaar reënbuie van 50 mm of meer in minder as 24 uur word oor die grootste dele van die land verwag,” sê hul weerkundiges en voeg by dit kan vloede en skade aan eiendom veroorsaak – veral môre en Vrydag.

Kgobetsi sê dieselfde stelsel wat vir Botswana na verwagting soveel reën gaan bring, sal vir plaaslike reën sorg.

“Ons verwag ook baie reën in Namibië. Dit sluit in sterk stormbuie van meer as 50 mm in bogenoemde streke,” sê hy.

Volgens Kgobetsi sal die huidige stelsel wat reën na verskeie plekke in Suider-Afrika bring teen môre en Vrydag verder versprei.

Intussen het Facebook-gebruikers op “Reën in Namibia” laat weet sekere plekke in die noordoostelike en sentrale dele van die land, tot so ver as Aranos, het die afgelope naweek tussen 5 mm en 45 mm reën ontvang.

- [email protected]

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

21 ure gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

21 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

21 ure gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

21 ure gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

21 ure gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

21 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...