Kwaai dok maak amok

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Maande van beweerde swak diens en agterstallige betalings was Dinsdag glo die laaste strooi wat ‘n man se spreekwoordelike rug gebreek en hom met ’n mes en ’n hamer by die administrateur van ’n mediese fonds laat inbars het.

Die man, wat glo ’n plattelandse dokter is, het by Methealth Namibia Administrators se hoofkantore by die Maerua-inkoopsentrum in Windhoek ingestorm en sy vernietingstog met ’n hamer reeds by die glasvoordeur begin. Van Methealth se naambord, ’n waterkoeler, rekenaars tot die interkomstelsel het onder die man se woede en frustrasie deurgeloop. Meubels is ook met ’n mes gesny.

Die man het glo daarna homself kaal uitgetrek en self met die mes begin steek. Na bewering is sy vrou glo laat kom om hom te kalmeer, maar het die man glo gedreig om sy eie keel af te sny, sou sy hom probeer stop. Die man is deur die polisie verwyder, met foto’s van sy vernietigingstog wat wyd op sosiale media versprei is.

Die administrateur se uitvoerende hoof, mnr. Florian Amulungu, was nie gister op kantoor nie en het teen druktyd nie op navrae gereageer nie. Methealth het egter in ’n e-pos aan lede van mediese fondse wat deur hom administrateur word, erken daar was ’n “voorval” by die hoofkantoor veroorsaak deur ’n “ontevrede kliënt”. Die situasie is egter hanteer en sake gaan voort soos normaal.

Teen druktyd het 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunkkommissaris Edwin Kanguatjivi, ook geen terugvoer oor die voorval gegee nie.

Methealth is die administrateurs van drie mediese fondse naamlik Bankmed, Namibia Medical Care (NMC) en die staat se mediese fonds, Psemas. Dit was na bewering laasgenoemde wat die aanhitser vir die woedebui was.

Republikein het vanjaar verskeie keer berig oor Psemas se trae en wanbetalings wat van dokters tot apteke wie se kliënte oorwegend staatspasiënte is, op hul knieë gedwing het. Ook kon een van Namibië se grootste farmaseutiese verskaffers noodgedwonge ook nie meer medisyne aan van sy kliënte verskaf nie.

In Maart is berig Psemas se uitstaande skuld aan verskaffers van gesondheidsdienste beloop toe reeds N$500 miljoen wat slegs die tydperk 16 Desember 2016 tot 28 Februarie vanjaar gedek het. Die bedrag wat vir Psemas begroot is in die 2016-’17-boekjaar het N$2,2 miljard beloop,met die totale Psemas-begroting wat teen Desember 2016 uitgeput was.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein het toe gesê die regering onderneem om N$200 miljoen in agterstallige betalings aan diensverskaffers te betaal, wat 64 persent van die totale uitstaande skuld is. Die res van die agterstallige betalings sou in die 2017-’18-begroting voor voorsien word. In Junie is meer as N$400 miljoen aan Methealth oorbetaal wat gebruik sou word om uitstaande Psemas-eise te vereffen. ’n Versekering is aan dokters gegee dat alle geldige en etiese eise deur die ministerie op ’n tydige manier uitbetaal sou word.

In dieselfde maand is die gebrek aan of minimale betaling van Psemas-eise die doodskoot vir ’n plattelandse praktyk wat ná twee dekades op die rand van bankrotskap is. Ook aptekers sê agt apteke moes toe reeds noodgedwonge hul deure sluit, verskeie wat personeel moes laat gaan en ook nie in staat is om nuwe voorrade aan te skaf nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP DOWN -0.043 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP DOWN -0.043 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27%