Kusspan en Wanderers gee die toon aan
Ná twee naweke is net twee spanne nog onoorwonne.
Tielman van Lill - In Krieket Namibië se 50-beurt Premierliga het CCD Tigers Saterdag die nasionale o.19-span met 87 lopies oorskadu, terwyl Samsung FNB Wanderers vir WHS Old Boys met agt paaltjies en die Welwitschias vir Trustco United met 93 lopies geklop het.
Tigers kolf eerste op sy tuisveld en behaal 'n middelmatige 192 almal uit in 45.4 boulbeurte, waarna die o.19's met net 105 almal uit in 31.4 bb antwoord.
Tigers se drie topkolwers is Picky Ya France (39 van 54 balle, 4x4), Norbert Manyande (33 van 66, 3x4) en die naatbouler Mika Mutumbe (31 nie uit nie van 37, 2x4, 1x6).
Vir die o.19's wys Divan la Cock sy waarde met die bal (4/22 in 4.4 bb) tesame met Mauritius Ngupita (2/27 in 10), Nicol Loftie-Eaton (2/41 in 10), Mel Theunissen (1/22 in 5) en Jan-Izak de Villiers (1/41 in 6).
Die o.19's se boulaanval is tans 'n doeltreffende eenheid, maar met die wilgerlat in die hand knor dit nog.
Hul eerste drie kolwers dra net 14 lopies van 26 balle by. Loftie-Eaton (25 van 29, 4x4, 1x6) wys wat 'n veelsydige speler hy is en Matthew de Gouveia (28 van 57, 3x4) lewer 'n bestendige vertoning.
Vir Tigers is Elton Ambambi (5/22 in 7.4 bb) die suksesverhaal met die draaier Ya France (2/14 in 4), Albert Mbwembwe (1/10 in 5), Mika Mutumbe (1/25 in 7) en John-Eric Thierauch (1/32 in 8) wat die o.19-paaltjies laat val.
OLD BOYS TEEN WANDERERS
Old Boys kon nie sy fenomenale telling van die vorige naweek (355/4 teen United) by Wanderers herhaal nie en sukkel op 'n moeilike kolfblad om 133 almal uit in 41.4 bb bymekaar te skraap.
Sy aanvangspaar is beide vir een lopie uitgehaal en net JP Kotze (31), Eben van Wyk (29) en JB Burger (20) behaal 'n mate van sukses. Agt van sy kolwers word uitgevang.
Vir Wanderers trek Pieter Rossouw (3/13 in 8 bb), Gerrie Snyman (2/22 in 7.4 bb), Tershwin Raubenheimer (2/18 in 4 bb), Bernard Scholtz (2/26 in 10 bb) en Karl Birkenstock (1/28 in 7 bb) die paaltjies plat.
Vir die gasheer kom die wentelling van 135/2 in 23.1 bb sonder baie drama danksy Birkenstock (uitgehardloop vir 19 van 44 aflewerings, 1x4), Wessel Myburgh (67 van 68 balle, 6x4, 3x6) en Jan Frylinck (37 nie uit nie, 25 b, 4x4, 2x6).
Richard Steers (1/9 in 1 bb) neem die besoekers se enigste paaltjie.
UNITED TEEN KUSSPAN
Die kusspan kolf eerste en stapel 235 almal uit in 46.5 bb op. United, wat die loot gewen en gekies het om tweede te kolf, kry net 142 almal uit wat deur 'n ongekende 35 ekstras aangevul is.
Rana Waqas (60 van 52, 5x4, 2x6) speel 'n puik vennootskap van 120 lopies saam met Shalako Groenewald (65 van 79, 4x4, 4x6).
Die stewige fondament word verder deur Nian Grobler (34 van 24, 1x4, 3x6) en Herman Karsten (28 van 45, 1x4) aangevul.
Vir United is die veelsydige draaier Danie van Schoor (4/44 in 10 bb) en Darren van Dyk (3/42 in 10) die voorste boulers.
Ben Shikongo se vyf slagoffers vir 42 lopies in nege boulbeurte ruk egter die hart uit die tuisspan se aanslag.
Damon Coetzee (30 van 51, 2x4) is die enigste kolwer van United wat staande bly, maar ongelukkig kom nie genoeg blywende steun van Hendrik van der Walt (17 van 24, 3x4), Dewald Nell (17 van 22, 1x4) en Darren van Dyk (12 van 17, 1x4) nie.
Al ses klubs het sover twee wedstryde gespeel en die puntestand is soos volg: Welwitschias twee gewen, 8 punte (netto kolftempo +2.07). Wanderers twee gewen, 8 punte (+1.56). CCD Tigers 1 gewen, 4 punte (+0.15). Old Boys een gewen, 4 punte (-0.79). O.19-span nul (-1.11). United nul (-1.68).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie