Kusdorpe soek hul vryheid

Mense uit die kusdorpe het Saterdag by die Yianni Savvi-polisiekantoor teen die fase 3-inperking betoog.
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai

Sowat 350 inwoners van Walvisbaai en Swakopmund het Saterdag naby Langstrand aan ’n onwettige optog teen die Covid-19-inperking in die Erongostreek deelgeneem en ondubbelsinnig verklaar hulle is siek en sat vir maatreëls wat hul lewensbestaan bedreig.

Terwyl die groep saamgestem het die coronavirus moet op ’n ander manier as deur inperkings bekamp word, het die geliefdes van vier Walvisbaaiers wat weens Covid-19 gesterf het, Saterdag op die hawedorp by oop grafte van hulle afskeid geneem.

Die streek is anders as die res van die land nog tot 3 Augustus in fase 3 vasgevang, met spesiale reisbeperkings wat vir die inwoners van Walvisbaai, Swakopmund en Arandis geld.

Dr. Wolfgang Tietz van Swakopmund het aan die betogers gesê die virus kan nie deur medikasie of inperkings doodgemaak word nie. “Dit kan net deur gesonde mense oorkom word. Ons moet ons mense beskerm; ons moet toesien dat hulle werk, geld verdien en hulself kan voed.

“Die beste beskerming teen die virus is gesonde kos, sonlig en oefening. Wanneer hulle ons toesluit, kan ons nie werk nie, ons het nie kos nie en hoe is ons dan veronderstel om onsself te beskerm? Om die virus deur middel van inperking of isolasie te beveg, werk nie. Gee ons werk en ons lewensmiddele vir ons terug,” het Tietz gepleit.

Mnr. Irvin Summers het gesê: “Ons sukkel en is moedeloos. Ons wil hierdie inperking opgehef hê. As dit nie teen 3 Augustus gebeur nie, gaan ons by die hawe betoog. Ons sal keer dat enige vrag inkom of uitgaan. Ons sal saamstaan as ’n eenheid.”

Mnr. Joachim von Wietersheim meen die regering moet alternatiewe oplossings vind en nie net inwoners in ’n staat van inperking plaas nie. “Natuurlik is die virus ’n gevaar. As ons nie kan werk en ’n inkomste verdien nie, sal mense ly en aan ander oorsake as Covid-19 sterf. Ek ontken nie die virus is ’n werklikheid nie, maar ons moet ’n ander benadering vind,” het hy gesê.

Hy het voorspel die virus sal nog vir ’n lang tyd ’n werklikheid wees. “Om mense te verbied om te reis en om geld in die ekonomie in te bring, gaan ons nie help nie. Dit lyk vir my ons regering verstaan dit nie en dit is hoekom ons vandag hier is.”

Toe die polisie opdaag, is inwoners daarop gewys dat hulle nie toestemming bekom het om protes aan te teken nie en dat hul samekoms gevolglik onwettig is. Een inwoners het hierop laat hoor hy is nie bang om tronk toe te gaan nie.

Die res van die betogers het klaarblyklik saamgestem en voordat die skare uiteen is, het hulle “Ons is moeg!” gedreunsing.

Insp. Illeni Shapumba, die polisie se hoof van gemeenskapsake in die streek, het diegene wat soortgelyke optogte beplan, gemaan om dit nie te doen nie.

“Ons is verantwoordelik vir wetstoepassing en die wet verbied die samekoms van meer as tien mense vir ’n gemeenskaplike doel, veral in Walvisbaai, Swakopmund en op Arandis. Die wet maak nie voorsiening vir protesaksies in hierdie tyd nie, want die verspreiding van die virus moet verhinder word. Hulle moet ons as wetstoepassingsbeamptes eerbiedig en nie voortgaan asof hulle nie ons legitimiteit besef nie,” het hy gesê.

“Hierdie massa-optredes het ernstige gevolge en moet vermy word. Mense wat hul menings wil lug, moet ander maniere vind om dit te doen wat nie met die wet bots nie en wat nie ander mense aan infektering blootstel nie.”

Kapt. Appolus Haimbala, verteenwoordiger van die Erongostreek se veiligheidsgroep, waarsku byeenkomste van meer as tien mense is streng verbode op Walvisbaai, Swakopmund en Arandis.

Die optoggangers beplan om Donderdag ’n petisie aan die streek se goewerneur, mnr. Neville André, te oorhandig.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%