Kus bou eie isolasie-eenheid
Kus bou eie isolasie-eenheid

Kus bou eie isolasie-eenheid

Die gemeenskap het saam­gespan om binne die volgende drie weke 'n noodeenheid vir Covid-19-pasiënte op Walvisbaai op te rig.
Leandrea Louw
Leandrea Louw



'n Sooispitseremonie vir die bou van 'n isolasie-eenheid vir Covid-19-gevalle aan die kus het Donderdag op Walvisbaai plaasgevind.

Die eenheid sal 150 pasiënte kan huisves en sluit ablusiegeriewe, behuising vir werknemers, 'n kombuis en 'n lykshuis in.

Dit sal nie as 'n private óf staatseenheid geklassifiseer word nie en is slegs vir die isolasie van Covid-19-pasiënte.

Volgens mnr. Knowledge Iipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, is die onderskeid tussen privaat of staatseenheid tans nie tersaaklik nie.

“Die private sektor én staatsamptenare is op die ramprisikobestuurkomitee. Ons werk as 'n gemeenskap saam vir ons gemeenskap,” het hy tydens die seremonie gesê.

Die eenheid sal na verwagting binne die volgende drie weke operasioneel wees.

“Bouwerk het reeds begin. Vraghouers is bestel en voorbereiding het reeds begin,” het hy gesê.

Iipinge het mense in die streek aangemoedig om die tolvrye nommer te skakel indien hulle vermoed hulle het die virus.

“Slegs as jy as 'n moontlike risiko beskou word, sal die ministerie 'n ambulans stuur om jou op te laai en na die eenheid te bring. Ons raai mense af om die eenheid op eie inisia­tief te besoek.”

Volgens mnr. Matthias Braune, Welwitschia-hospitaal se uitvoerende hoof, is die eenheid deel van die Corona Care-veldtog wat verlede week van stapel gestuur is.

“Die doel is om die gemeenskap te betrek en die nodige befondsing te kry om die staatshospitale op ­Walvisbaai en Swakopmund te ­ondersteun. Ons moet gereed wees vir sowat 28 000 pasiënte wat­ ­suurstof gaan nodig hê. Hierdie raming is in samewerking met die Universiteit van Bern in Lausanne in Switserland, asook die Namibiese Longkliniek op Walvisbaai gedoen. As ons Walvisbaai, ­Swakopmund, Arandis en Hentiesbaai in ag neem, is dít die getal pasiënte waarvoor ons gereed moet wees,” sê hy.

Volgens Braune was die reaksie op die veldtog oorweldigend.

Die eenheid gaan in vraghouers gehuisves word.

“'n Maatskappy is tans met die bou van die eenheid besig. Een vrag­houer met suurstof- en suiertoerusting kan 75 pasiënte van suurstof verskaf. Ons het twee masjiene bestel, wat beteken ons kan 150 pasiënte help.”

Walvisbaai se staatshospitaal sal dié eenheid later weer kan gebruik.

“Die idee was om die Walvisbaai-staatshospitaal met 'n 20-bedsaal toe te rus, maar dit was nie lewensvatbaar nie. Ons berei vir meer gevalle voor, maar hopelik gebeur dit nie,” sê Braune.

Volgens mnr. Johny Doeseb, ­voorsitter van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI), het die sakegemeenskap gehelp om hulpbronne vir die oprigting van die eenheid beskikbaar te maak.

“Besighede is gewillig om geld, ­materiaal en tyd te skenk. Die eenheid is 'n simbool van hoop vir ons ­gemeenskap. Ons kan nie bekostig om een lewe op Walvisbaai weens die virus te verloor nie. Die virus onderskei nie tussen ryk en arm nie, hy sien geen kleur nie. Ons weet wat dit aan ons ekonomie kan doen. Ons eerste prioriteit is om lewens te red en daarná om op die ekonomie te fokus.”

'n Aanvullende fonds sal ook as deel van die Corona Care-veldtog gestig word.

Mnr. Charles Neidel, administratiewe beampte van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het 'n beroep op die gemeenskap gedoen om N$30 per persoon by te dra.

“Die geld sal aangewend word om ontsmetmiddels te koop. Dit sal ook as fonds dien om klein ondernemings ná die hokperiode 'n hup­stoot te gee.”

Die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling het N$130 000 aan die fonds geskenk.

Die isolasie-eenheid sal ongeveer N$6 miljoen kos.

“Ons het belanghebbendes en besighede genader om met die oprigting van die eenheid te help. Party mense het reeds toerusting en vaardighede bygedra, wat die koste beslis sal raak. Ons is besig om geld in te samel,” sê Iipinge.

Bykomend is twee noodvliegtuie beskikbaar gestel om met die vervoer van personeel en mediese voorraad te help.

“Die eenheid is oop vir enigiemand van ons streek. Die komitee vir ramp­risikobestuur het ook 'n reaksieplan opgestel wat met die ver­skillende belanghebbendes gedeel sal word.”

Iipinge sê daar is tans geen tyd vir burokrasie nie.

“Ons verantwoordelikheid is teenoor die gemeenskap. Ek is nie gepla oor geld of waar dit vandaan kom nie.”

Die gemeenskap kan vaardighede óf geld bydra.

Belangstellendes kan 'n e-pos na [email protected] stuur, of 'n skenking aan First National Bank, rekeningnommer 622 71 71 7286, Walvisbaai-taknommer 282 172 maak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.56/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.05/BBP UP +0.17% | Platinum US$ 911.97/OZ DOWN -0.0043 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.56/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.05/BBP UP +0.17% | Platinum US$ 911.97/OZ DOWN -0.0043