Kunsverhale bring hoop

Die uitstalling van die NAGN se projek, waar 82 plaaslike kunstenaars hul pandemie-verhale visueel uitbeeld, open Dinsdag 9 Februarie.
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis



Die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) het onlangs aangekondig dat hulle verskeie inskrywings van plaaslike kunstenaars vir die #WhatsYourStory-projek ontvang het.

Dié diverse kunswerke sal nou gebruik word in 'n uitstalling wat diegene in die Namibiese visuele kunsbedryf se persoonlike ervarings gedurende die uitdagende Covid-19-tyd uitbeeld.

Uit 93 inskrywings is 82 vir hierdie projek gekies. Die uitstalling vind in die NAGN-galery, aanlyn en op virtuele platforms en openbare ruimtes rondom Windhoek en in ander dorpe plaas.

Laasgenoemde sal kunstenaars die geleentheid bied om hul kreatiwiteit nie net tot binneruimtes te beperk nie.

Die Namibiese Kunsteraad (NACN) het deur sy Covid-19-noodfonds N$150 000 vir die projek bewillig, wat as vrywillige geldelike vergoeding (ereloon) aan die kunstenaars betaal is. Die NAGN het N$236 121,92 vir erelone en kunsmateriaal vir beide die galery en openbare ruimtes beskikbaar gestel. Die totaal beloop N$386 121,92.

Die projek bestaan uit drie dele:

1. 'n Kunsuitstalling wat die impak van Covid-19 uitbeeld.

2. 'n Bekendstelling van YouTube-video's van kunstenaars se kreatiewe proses.

3. 'n Inleiding tot die konsep van openbare kunsuitstallings.

Volgens me. Snobia Kaputu, die uitvoerende hoof van die NAGN, het die galery weens Covid-19 maniere gesoek om die krisis te verlig, wat die kreatiewe bedryf en sy betrokkenes in die gesig staar.



fokus van die projek

Die projekte het volgens hulle drie strategiese doelwitte, naamlik om die publiek se bewustheid, persepsie en waardering van visuele kuns te bevorder, om die produksie van innoverende kunswerke in Namibië te vergemaklik en om Namibiese kunstenaars en hul handewerk plaaslik en internasionaal te bevorder deur uitstallings en werkwinkels aan te bied, netwerke en forums vir kunstenaars te skep en dialoog aan te moedig.

Volgens Kaputu was innovasie die fokus van dié kunsprojek.

“Unieke mediums is gebruik. Kuns uit spykers en toue, ou rekenaarstukke, gemengde media-tekstiele en pirografie. Selfs met leë Nik Naks-pakkies is beeldhouwerk gedoen.

“Meer tradisionele mediums soos muurskilderye, houtbeelde en wit marmerbeelde is ook gebruik.”

Die kunstenaars se kreatiewe prosesse is gedokumenteer deur foto's, video's en hul persoonlike stories, vanaf konseptualisering tot die finale kunswerk.

#WhatsYourStory dien as 'n instrument om inherente inheemse kennisstelsels te bewaar en hierdie kennis na die volgende generasie oor te dra, sê Kaputu.



'nuwe benadering'

“Die pandemie het druk op verskillende instellings geplaas om hul programme, lesse en uitstallings aanlyn aan te bied. Dieselfde situasie staar die NAGN in die gesig.

“Dis die regte tyd om ons kuns op 'n globale skaal aan te bied en #Whats­YourStory stel Namibiese kunstenaars in staat om dit te doen.

“Hierdie virtuele migrasie stel hoë verwagtinge aan die NAGN, bv. die standaard van die werk wat dit aanbied, kies om mee geassosieer te word en die soorte programme wat aangebied word.

“Dié migrasie moet 'n sekere uitvoerbaarheid akkommodeer, wat die beskerming van die werke en die intellektuele eiendomsreg insluit.

“Kunstenaars moet hieroor ingelig word, asook oor die NAGN se behoefte om dit as beleid aan te neem. Die belegging in plaaslike kunste deur plaaslike gemeenskappe bly 'n uitdaging en ons werk aan strategieë om plaaslike kuns meer toeganklik vir almal te maak.

“Die verwesenliking van die nuwe normaal het koste-implikasies, wat 'n uitdaging is om ons nuwe benaderings omvattend toe te pas.”

Hierdie kuratoriese aanbieding op digitale en virtuele platforms het 'n behoefte om 'n kollektiewe identiteit vir die Namibiese en Afrika-toekoms te bewerkstellig. Hierdie doel sluit aan by Aspiration 5 (Afrika met 'n sterk kulturele identiteit, gedeelde erfenis, etiek en waardes) van die Afrika-unie se Agenda 2063 en die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling.

Kaputu het 'n beroep op Namibiërs gedoen om die plaaslike kunstebedryf te ondersteun.

“Koop plaaslike kuns, maak 'n draai by die uitstallings, besoek ons leeshoekie om kennis oor verskillende visuele kulture oraloor die wêreld te verwerf.

“Ons moedig skole en tersiêre instellings, insluitend ouers, aan om tyd te maak om saam met ons kurators aan kunsgesprekke deel te neem. Dit sal ons jeug help om hul kennis te verbreed oor die impak van kuns as 'n loopbaan, asook kunswaardering vir toeriste en die publiek.”

Die #WhatsYourStory-uitstalling open Dinsdag 9 Februarie om 16:00 in die NAGN-galery, met net 'n beperkte aantal genooide gaste weens regeringsvoorskrifte rakende openbare byeenkomste. Die amptelike opening sluit die bekendstelling van die YouTube-kanaal in.

Die publiek is welkom om via die NAGN se Facebook-blad by die seremonie aan te sluit.

Die galery is vanaf 10 Februarie vir die publiek oop.

Vir meer inligting, besoek www.nagn.org.na of die NAGN se sosiale media-blaaie.

Vir enige navrae, kontak [email protected], [email protected] of skakel 061 231 160/231 391 of 081 806 8692.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057