Kunstenaars het steeds drome vir Afrika
Kunstenaars het steeds drome vir Afrika

Kunstenaars het steeds drome vir Afrika

“Musiek is ‘n wêreldtaal”
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis - In ‘n tyd waar die Covid-19-pandemie sy tol op soveel gebiede eis, is almal op soek na hoop.

Net ná die inperking in werking getree het, het Christien de Klerk, die skakelbeampte en direkteur van Embrace the Brand Media, die idee gehad om kunstenaars te nader om ‘n “inheemse” liedjie op te neem wat hoop bring en mense verenig.

Ná Christien dié idee met Sean Butler, ‘n vervaardiger, gedeel het, het hy My African Dream voorgestel. Dié ikoniese treffer het Vicky Sampson in 1996 in die kollig geplaas.

“Dit was ‘n praktiese en logistieke uitdaging om die liedjie tydens die inperking op te neem. Ons wou seker maak alles word professioneel gedoen en die finale produk is van goeie gehalte om digitaal te versprei,” het De Klerk verduidelik.

Opkomende en gesoute sangers het kragte saamgesnoer om hulle weergawe van My African Dream op te neem. Die kunstenaars Jack Stone, Matt Stern, Johan Anker, Chris Theron, Mondrey, Hannah, Chante en die duo GnT Band was almal deel van die projek.

Die sangers het afsonderlike video’s met ‘n spesiale selfoon-toep opgeneem.

Johann Latsky, Jack Stone se bestuurder, het die video’s geredigeer. Die finale produk bevat dus grepe van elke sanger se video’s.

Die sangers is almal opgewonde oor die projek. “Dit is ‘n eer om deel van dié inisiatief te wees. Musiek is ‘n wêreldtaal en dit is wonderlik om dit in te span om ‘n boodskap van hoop oor te dra in dié moeilike tyd,” het die rocker Jack Stone gesê.

Chante sê die lied simboliseer hoop en eenheid. “Dit verteenwoordig die kern van almal wie se oorsprong in Afrika is.

Dit herinner ons daaraan dat ons ons drome moet uitleef en die son sal weer skyn,” sê sy.

Sy sê dit was ‘n voorreg om saam met kunstenaars te werk wat ‘n liefde vir musiek en die vasteland deel.

“Ons het nie enige struikelblokke toegelaat terwyl ons besig was om iets fantasties te skep nie. Hierdie is vir julle!”

Johan Anker sê die lied maak hom trots om ‘n inwoner van dié vasteland te wees.

“Die lied herinner ons aan ons oorsprong en die droom van solidariteit. Ek voel altyd ‘n bietjie patrioties wanneer ek die liedjie hoor.”

Hy sê baie mense voel hulpeloos in dié tyd en vrees die toekoms.

“Ons wil troos met die lied bring en die boodskap oordra dat ons sterker is as ons saamstaan. Elkeen van ons moet ’n deel bydra om die Afrikadroom ‘n werklikheid te maak.”

Die GnT Band stem saam dat die lied ‘n boodskap van vrede en hoop bring.

“Dit is ‘n positiewe bries in ‘n negatiewe tyd en omgewing. Ons hoop almal sal die boodskap hoor en vorentoe beweeg met ‘n positiewe houding.”

Mondrey, ‘n nuwe gesig op die musiektoneel, sê drome bring inspirasie en ambisie ná ‘n persoon se lewe.

“Vir my beteken die lied dat môre ‘n nuwe dag met nuwe uitdagings sal wees.”

“Dit was ‘n voorreg om tydens die inperking saam met die ander kunstenaars aan die lied en video te werk. Alhoewel ons min kontak gehad het, deel ons dieselfde visie en passie,” sê Matt Stern. Hy sê My African Dream verenig die nasie en herinner mense om na mekaar uit te reik.

Chris Theron sê onder die lied se engelagtige melodieë is daar ‘n dieper boodskap – een van transformasie en eenheid.

“Ek sal graag wil hê mense moet daarna luister, nie net vir ontspanning nie, maar ook om hulle dieper denke uit te daag. In ‘n tyd soos dié het ons almal ‘n bietjie hoop nodig. Dit was ‘n eer om deel van hierdie projek te wees.”

Hannah stem saam die lied is spesiaal. “Die lied simboliseer die droom wat ons almal steeds vir Afrika koester. Die droom dat ons vry kan wees van armoede, misdaad en rassisme en eendag in ‘n land kan woon waar ons in goeie én slegte tye saam kan staan. Ek hoop ons weergawe van My African Dream kan mense inspireer om hulle drome te verwesenlik.”

Die liedjie en video sal op 11 Junie op digitale platforms uitgereik word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%