Kunstefonds keur nog aansoeke goed

47 aansoeke ontvang

25 August 2020 | Kuns en vermaak
Yandi du Plessis

Die Namibiese Kunsteraad (NACN) se verligtingsfonds onder die vaandel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, het tydens die tweede aansoekronde 47 aansoeke ontvang. Dit sluit in 25 individue, 11 groepe en 11 organisasies. Uit die 47 aansoeke was dié van 6 individue, 6 groepe en 2 organisasies suksesvol.

Tot dusver is 82 geldige aansoeke ontvang, waaruit 24 suksesvol was. Geldige aansoeke word hersien deur ’n komitee wat spesiaal verkies is. Die komitee bestaan uit 7 kenners in die gebiede van kuns, kultuur, erfenis, kunsvlyt, musiek, media en regte.

’n Totale bedrag van N$342 000 is vir die tweede aansoekronde goedgekeur. Saam met die eerste ronde bring dit die totaal tot N$644 300. Die volgende uitslae sal op 28 Augustus, 17 September en 1 en 15 Oktober bekend gemaak word. Aansoeke kan tot 30 September 2020 ingedien word. Verdere inligting is op die NACN se webblad beskikbaar.

Aansoekvorms is landswyd by streekkantore van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur beskikbaar.

Gestremdes, mense uit gemarginaliseerde gemeenskappe en landelike en/of inheemse groepe sal voorkeur geniet. Die NACN moedig mense uit alle oorde van die kuns- en kultuurbedryf aan om aansoek te doen.

Die NACN moedig aanlyn aansoeke aan, wat op die webtuiste of op sosialemediabladsye gedoen kan word. Dié wat beperkte toegang tot aanlyn hulpbronne het, kan aansoeke per hand indien.

Gesondheids- en veiligheidsmaatreëls vir aansoeke

Die land het verlede week terug na fase 3 van die inperking beweeg en die NACN moedig alle aansoekers aan om gehoor te gee aan die maatreëls wat deur die regering in plek gestel is. Alle aansoeke is onderhewig aan die nakoming van die nasionale gesondheids- en veiligheidsmaatreëls.

Projekte wat nie Covid-19-gesondheids- en veiligheidsmaatreëls nakom nie, sal nie oorweeg word nie.

Digitale kanale

Die NACN beveel sterk aanlyn, virtuele of digitale optredes, uitstallings en werkwinkels, of enige ander kuns- en kultuuraktiwiteite op sosiale media of ander aanlyn platforms aan. 'n Paar aktiwiteite mag egter fisieke vergaderings, deelnemers en gehore benodig, waarvoor spesiale reëls van toepassing sal wees met die oog op gesondheids- en higiëniese maatreëls. Die NACN gee voorkeur aan projekvoorstelle wat gebruik maak van digitale- of niefisieke kontak. Daarbenewens word aansoekers aangeraai om hulle te weerhou om skole te besoek om projekte of aktiwiteite uit te voer. - [email protected]

Suksesvolle aansoeke

Individue (N$2 000 elk):

1. Actofel Ilovu

2. Andreas Ngula Nambabi

3. Ernst Dausab

4. Priscella Frank

5. Sean Cloete

6. Venecia Shanjeke

Groepe:

1. Afro-Music, Arts and Culture, N$74 000

2. Frans Art Training School, N$75 000

3. Joseph Madisia, N$30 000

4. Nam Acting, N$13 700

5. Oe Gub Cultural Group, N$8 000

6. Project Room, N$34 300

Organisasies:

1. Blaqhouse Entertainment, N$38 900

2. Grassroots Entertainment, N$57 100

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...