Kuns vir woestyn-olifante
Tanja Bause - Elephant-Human Relations Aid (EHRA) bied Donderdag om 18:00 ’n kunsuitstalling en geldinsameling by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan.
Dit is die eerste keer dat EHRA dié soort geleentheid aanbied.
’n Verskeidenheid foto’s en skilderye onder die tema “Lewende woestynverhale” wat op woestyndiere en hul omgewing fokus, sal uitgestal en te koop aangebied word.
Fotograwe wat aan die uitstalling deelneem, is Xenia Evanoff-Erb, Olwen Evans en Karin Retief.
Van die kunstenaars wat deelneem, sluit Liz Visser, Marie-Christine Pitot, Christophe Pitot, Ronell Pretorius en Christin Winter in.
Die geld wat tydens die uitstalling ingesamel word, sal ten bate van die EHRA PEACE-projek aangewend word.
Die woord verteenwoordig mense en olifante wat vriendskaplik saamleef.
Dit het ten doel om mense se vrees vir olifante en mens-olifant konflik aan te spreek deur middel van kursusse vir plaaslike gemeenskappe, wildbewaarders, toergidse en skoolkinders.
“Opvoeding is die sleutel tot bewaring in die toekoms en die geldinsameling sal die PEACE-projek help om voltyds voort te gaan. Die geld sal ook verseker dat ons permanent teenwoordig kan wees waar mens-olifant konflik plaasvind,” het me. Rachel Harris, EHRA se direkteur, gesê.
Tydens die uitstalling sal verskeie lede van EHRA en die PEACE-projek hul ervarings met besoekers deel.
“Ons sal ons spesiale oomblikke met olifante deel. Lede van die PEACE-projek sal die belangrikheid van die bewaring van woestyn-aangepaste olifante bespreek,” het Harris gesê.
Mense wat die aand nie kan bywoon nie, maar ook betrokke wil raak, kan die veiling op EHRA se Facebook-bladsy dophou. Die aanlyn veiling sluit Donderdagaand om 20:00.
EHRA werk sedert 2001 om woestynaangepaste olifante te beskerm.
Die organisasie poog om langtermyn- volhoubare oplossings vir die steeds groeiende probleem te vind om bestaansboere, gemeenskapslede en woestyn-aangepaste olifante vreedsaam te laat saamleef.
In die tagtigs is die woestynaangepaste olifantbevolking, wat in die suidelike Kunenestreek gewoon het, as gevolg van jare se stropery en jag uitgewis.
Die olifante was vir baie jare in dié omgewing afwesig.
In 1998 het Voortrekker, ’n groot bul, die Mama Afrika-trop terug na die Ugabrivier en omgewing gelei.
Verskeie ander troppe het gevolg en vandag woon sewe verskillende troppe in die omgewing van die Ugab- en Huabrivier.
Deur die gesamentlike pogings van die ministerie van die omgewing en toerisme, Integrated Rural Development and Nature Conservation (IRDNC), Save the Rhino Trust (SRT) en ander nieregeringsorganisasies oor die laaste 20 jaar het die olifantbevolking weer gegroei.
Die bevolking het toegeneem van sowat 52 olifante tot sowat 600 vandag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie