Kuns tussen die wingerde

Aussenkehr se Jumarie maak opgang

21 May 2019 | Byvoegsels
Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”

Dit is hoe die kunstenaar Jumarie du Toit van Aussenkehr haarself op die webblad van Danté Art Gallery op Somerset-Wes in die Wes-Kaap voorstel.

Dit is ’n gewone Dinsdagoggend in April toe sy die Suiderland-span gul in haar en manlief Ben du Toit se mooi huis op Aussenkehr ontvang.

Tjoef-tjaf brou sy ’n heerlike café latte en stoot ’n bakkie koeksisters oor die tafel nader.

Oral teen die mure hang van haar skilderye. Daar is selfs drie of wat abstrakte kinderkuns-werke wat Wanja (5) geskep het toe ma Jumarie haar vrye teuels op die skilderdoek gegee het. Kleinboet Bennett (1) is ook binnekort groot genoeg om al spelend só te skep.

Maar hoe gebeur dit dat ’n jong, opkomende skilder haar hier op ’n afgesonderde oewerdorpie in die suide van Namibië vestig? Was dit nie vir die lowergroen wingerde nie, sou Aussenkehr net so wel kon “double” as ’n nedersetting op die maan, spot Jumarie.

Dié 37-jarige kunstenares het op Caledon grootgeword, in Holland gaan au pair, op Stellenbosch toerisme gestudeer, soos baie jongmense wéér haar tasse gepak en in Londen gaan werk en toe uiteindelik by Checkers se hoofkantoor in die Kaap “opgeëindig”.

Dit was hier waar die groot leemte aan haar siel begin knaag het. “Ek wou nie die korporatiewe leer klim nie. Ek wou iets kreatiefs doen.”

Kort voor lank het Jumarie haar in 2009 as 27-jarige vir kunsklasse ingeskryf. Dié stap het ook die deur na haar hart oopgemaak, want sy het Ben leer ken toe sy ma een van haar kunsonderwysers was.

Ben is ’n bestuurder by Orange River Vineyard Investments (Orvi) wat tafeldruiwe verbou. Ná hul troue het die Du Toits eers vir Orvi by Kakamas geboer voordat hulle Aussenkehr toe getrek het.

Dit was by die bekende Die Pienk Padstal by Kakamas waar sy haar eerste uitstalling gehou het.

Onder die handelsmerk “From the Heart Art by Jumarie” het sy later ook haar kunswerke gebruik om geskenkprodukte soos onder meer yskasmagnete en skinkborde te maak.

Van hierdie produkte is by padstalle soos Kitchen 51, asook in die klein geskenkwinkeltjie by Noordoewer Guest House beskikbaar.

Mense kan ook haar skilderye by Danté Art Gallery koop. Besoek gerus danteartgallery.co.za vir ’n portfolio van wat beskikbaar is.

In die sosiale media is haar Instagram-projek #FiveDayBreakfastBouquet ook baie bekend. Dit het begin toe sy aan haarself die uitdaging gestel het om vyf dae van die week elke oggend ná ontbyt een skildery te maak. Later in die dag werk sy aan groter skilderye wat meer tyd in beslag neem.

“As ek lewende onderwerpe skilder, doen ek dit op skaal en blok dit in. Ander voorwerpe soos blomme of bakke skilder ek impressionisties,” verduidelik Jumarie.

Sy werk met akriel, sagte pastel en olieverf.

In Augustus vanjaar gaan ’n groot droom vir haar waar word, naamlik om saam met die Suid-Afrikaanse skilder Mariaan Kotze uit te stal.

“Ek bewonder haar al lank en in Augustus gaan ons saam op Robertson uitstal,” vertel Jumarie opgewonde.

Mense wat belang stel om van haar skilderye te koop, kan haar by 081 827 5070 kontak.

Soortgelyk

 

Windhoek klop waterteikens

1 uur gelede | Plaaslik

font face="Verdana" >Elvira Hattingh - Inwoners van die hoofstad neem waterbesparings uiteindelik ernstig op en het die afgelope week weer 4% bespaar. Volgens me....

Kalahariwoestyn keer terug

1 uur gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

1 uur gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

1 uur gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

1 uur gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

1 uur gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

1 uur gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...

'Elke druppel tel'

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtAs alle babas onmiddellik ná geboorte direkte ­velkontak ontvang, vir ses maande uit­sluitlik geborsvoed word en tot op twee jaar bykomende voeding ontvang, sal...