Kuier saam met Cassidy onder die sterre

27 September 2021 | Kuns en vermaak
By die Night Under the Stars (NUTS)-konsert wat op Vrydag 1 Oktober plaasvind, sal die plaaslike musikant Cassidy op die verhoog te sien wees. Dié kunstenaar se nuwe album word more (28 September) uitgereik en hy sal sy nuutste snitte Vrydagaand vir die eerste keer op die verhoog uitvoer.
Cassidy Karon is ’n veelsydige musikant en g’n vreemdeling op die plaaslike musiektoneel nie. Daarbenewens is hy ook ’n mode-ontwerper, liedjieskrywer en vervaardiger. As lid van die hip-hop-duo Paradox het hy sewe Namibiese Jaarlikse Musiektoekennings (NAMAs) ingepalm en hy is verlede jaar weer in vier kategorieë benoem. Hy het ook al op internasionale televisiekanale soos CNN verskyn.
“Ek is 'n elektroniese musikant. Eksperimentering is deel van my identiteit as kunstenaar,” sê Cassidy, wat homself as 'n “student van die lewe” beskou. Hy skryf oor die alledaagse lewe in Katutura en sy persoonlike ervarings “vanuit ’n perspektief van waardering”.
Hy het ’n droom om 'n katalisator vir verandering in sy gemeenskap te wees. “Ek versprei 'n verhaal van hoop en die oorkoming van struikelblokke wat ons in ons gemeenskappe ondervind. Ek het die Namibiese stryd beleef, asook Namibiese oorwinning op die hoogste vlak. Ek is trots om swart en van Katutura te wees,” het hy gesê.
Cassidy is van mening dat diegene op die plaaslike musiektoneel bang is om die grense van kreatiwiteit uit te daag, en moedig die bedryf aan om nié te bekommerd te wees oor tendense in die musiekbedryf nie en eerder op kreatiewe ontwikkeling te fokus.
Besoek www.goethe.de/namibia vir meer inligting oor projekte en dienste wat die Goethe-Institut aanbied.

Soortgelyk

 

Vier sterftes, 25 nuwe gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met vier (een tuissterfte) tot 3 538. Gister is 25 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 2,2%. Dit sluit drie leerlinge,...

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

5 ure gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

6 ure gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

6 ure gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

7 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Tweede lugmagongeluk binne enkele weke

18 ure gelede | Ongelukke

Tunohole Mungoba en Ellanie Smit‘n F-7 vegvliegtuig van die Namibiese lugmag het vroeër vandag by die Ondangwa-lughawe neergestort.Die weermag het joernaliste wat kort na die...

Creativity and mental health: Where do we overstep

18 ure gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

18 ure gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

18 ure gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...