Kry jou naam in die pot vir N$10 000
Kry jou naam in die pot vir N$10 000

Kry jou naam in die pot vir N$10 000

Dani Booysen
As jy 'n DStv-intekenaar is, maak nie saak watter pakket jy het nie, kan jy jou kans bespreek om vir N$10 000 in aanmerking te kom as jy aan Republikein en MultiChoice Namibia se Superrugby-tellingraai deelneem.

Verlede week kon niemand naby genoeg aan in die kol kom om die pryse los te slaan nie. Hierdie pryse staan dus oor vir 'n superpryspot wanneer die kompetisie sy halfpadmerk bereik.

Die naweek sal die Stormers hoop om die wind in hul seile te hou met 'n oorwinning teen die Leeus op Ellispark, terwyl die Sharks 'n tweede wen op sy toer sal wil opraap.

Kyk in die kassie hiernaas hoe om deel te neem.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer