Kreef, jou ou lekker ding!
Van 25 tot 30 April is vrolik fees op Lüderitz gevier.
Die 12de jaarlikse Kreeffees by die Waterfront Harbour Square was volgens die fees se administratiewe beampte, me. Gilda Shawa, weer eens 'n groot sukses.
Buiten talle kos- en ander stalletjies, is 'n vrouebemagtigingskonferensie, sakekonferensie, Clash of the Choirs-gospelfees en Spin City-motorwedren gehou.
Besoekers kon aan kreef en ander seekos, asook verskeie tradisionele disse soos mopaniewurms, mahangu-disse, afval, roosterkoek en kapana weglê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie