Kragskouspel in Windhoek
Tanja Bause
Gister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.
Die transformator is in September verlede jaar vir herstelwerk na Eskom-Rotek Industries in Johannesburg geneem.
Lede van die publiek het langs die pad en veral op straathoeke saamgedrom om die reuseskouspel te beleef.
Die transformator is op 'n 24 as-sleepwa met 192 bande gelaai, wat deur twee vragmotors getrek word en deur nog 'n vragmotor gestoot word.
Altesaam weeg dit meer as 300 ton, insluitende die sleepwa en vragmotors.
Volgens mnr. Wiseman Musekiwa, 'n departementshoof van Eskom Multi-axles, vorder dié “padtrein” teen 25 km/h en neem dit ses weke om sy bestemming te bereik.
“Dit is 'n super- abnormale vrag en behoorlike beplanning in Suid-Afrika, Botswana en Namibië is uiters belangrik,” het hy gesê.
“Ons het 'n paar uitdagings by die grensposte in Botswana gehad, maar Namibië staan loshande bo al die ander lande uit as buitengewoon uitstekend wat permitte, polisiebegeleiding en logistiek betref.”
Saterdag is die twee verkeersligte op die hoek van Nelson Mandela- en Sam Nujomaweg uitgehaal en sement is teen die randsteen gegooi sodat die sleepwa daaroor kan ry sonder om skade aan te rig.
“In Namibië kan ons gemiddeld 200 km per dag aflê waar ons in Suid-Afrika en Botswana gemiddeld net 60 km per dag afgelê het. Dit beteken ons sal tussen twee en drie dae vinniger by ons bestemming aankom,” het Musekiwa gesê.
'n Span van 12 mense begelei die transformator.
NamPower doen 'n beroep op padgebruikers om hul samewerking te gee aan verkeersbeamptes wat die vrag begelei om 'n suksesvolle reis te verseker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie