Kragskokke is voorland

Die prys van elektrisiteit gaan oor die volgende 5 jaar bly styg weens die koste...

29 April 2016 | Energie
Elvira Hattingh

NamPower se tarief vir elektrisiteit sal aanhou om jaarliks teen ’n hoë koers te styg. Dit sal eers in 2019-’20 stabiliseer wanneer Namibië sy eie basisladingsgaanleg het.
NamPower gee egter die versekering dat kragvoorsiening in Namibië tans onder beheer is en verbruikers nie beurtkrag hoef te vrees nie.
Die nasionale kragvoorsiener se waarnemende besturende direkteur, mnr. Kahenge Haulofu, het tydens die Mynbou Ekspo in Windhoek gesê NamPower se standpunt is dat ’n aanleg vir basisladingsopwekking teen 2019-’20 ononderhandelbaar is.
“Die koste van kragvoorsiening sal aanhou styg, hoofsaaklik as gevolg van verhoogde invoerkoste en die skep van nuwe opwekkingskapasiteit en infrastruktuur oor die volgende vyf jaar.”
Haulofu het aan rolspelers in die mynboubedryf gesê die verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar, die aanvanklike koste verbonde aan die oprigting van hernubare energiebronne, die verhoogde gebruik van steenkool en diesel asook die vervanging van verouderde infrastruktuur, sal ook koste voortdurend verhoog.
“NamPower was tot dusver suksesvol daarin om die ligte aan te hou - hoofsaaklik danksy die steun en samewerking van belanghebbendes. Ons belowe om met dié ondersteuning voort te gaan en ons mandaat om elektrisiteit aan die nasie te verskaf, na te kom,” het Haulofu gesê.
Volgens hom het die ekonomiese situasie in Suid-Afrika vir Namibië die kans gegee om met die Kudugas-projek as basisladingaanleg voort te gaan. Sedert 2015 het kraginvoer na Namibië ook verbeter en volgens Haulofu is die bronne standvastig.
“Ons vraag na elektrisiteit vanaf Eskom het gedaal tot dieselfde vlakke as in 2008 en intussen het Eskom voorsiening verbeter met hul onderhoudingswerk.
“NamPower is tans besig om die onderhandelinge vir ’n bilaterale kragleweringsooreenkoms van 200 MW met Eskom te finaliseer. Dit is vir ononderbroke invoer elke dag van die week,” het Haulofu gesê.
Volgens hom sal die Kudugas-projek, die korttermyn noodsaaklike kragtoevoerprojek (STCS), die ontwikkeling van sowat 300 MW krag in die medium- tot langtermyn vir Namibië en die ontwikkeling van ’n korttermyn-kragaanleg in die Erongostreek, die sleuteloorsake van tariefverhogings oor die volgende vier tot vyf jaar wees.
Die STCS sluit in die opgradering van bestaande kragaanlegte soos Van Eck en Ruacana; kraginvoere van Suid-Afrika, Zambië, Zimbabwe en Mosambiek; kragkoopooreenkomste met onafhanklike vervaardigers asook die bestuur van die vraag na elektrisiteit, wat die plaaslike verspreiding van ’n miljoen LED-gloeilampe insluit.
“NamPower onderneem ook tans verskeie hernubare energieprojekte, wat die moontlikheid van ’n windkrag­aanleg by Lüderitz insluit asook die Refit-program, waarin tot 14 sonkrag­aanlegte tot stand moet kom wat uiteindelik 70 MW elektrisiteit kan lewer,” het Haulofu gesê.
Verder sluit dit die Omburu-sonkragaanleg van 4,5 MW, die 37 MW-sonkragaanleg by Hardap, asook die opwekking van krag met indringerbos in.
Volgens Haulofu bestaan verskeie geleenthede vir samewerking in die kragopwekkingsbedryf, wat insluit die gebruik van kliënte se noodkragopwekkers tydens noodsituasies, gesamentlike kragopwekking in spitstye asook ladingverskuiwings tydens nie-spitstye.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...