Krag en internet vir armes

‘Geen soortgelyke projek ter wêreld’

17 December 2019 | Plaaslik
Tanja Bause - Vyf huishoudings in die informele nedersetting Okalevonga in Oniipa in die Oshikotostreek het nou vir die eerste keer elektrisiteit, internetverbinding en digitale dienste danksy die loodsprojek Fusion Grid.

Twaalf sonpanele op ’n dak verskaf krag aan die vyf huise, asook WiFi-verbinding.

Volgens mnr. Sem Shinedima, een van die begunstigdes, kan hy nou ’n televisie, radio, waaier en ’n klein yskassie in sy huis gebruik.

“Ek kan nou vir die eerste keer vandat ek hier woon my selfoon by my in die huis herlaai. Ons het nou krag en ons lewe gaan nou beter word. Dié krag gaan nooit af nie. Alhoewel dit sonkrag is, het ons die hele nag lank elektrisiteit en ek kan die hele nag deur lees,” het hy gesê.

Fusion Grid is 'n navorsing- en ontwikkelingsprojek wat elektrisiteit, internetverbinding en digitale dienste na huishoudings en entrepreneurs in afgeleë gemeenskappe bring.

Die projek is 'n voortsetting van vroeëre samewerking tussen Finse en Namibiese universiteite. Dit bou voort op die deurlopende uitruiling van studente en onderwysers, en is deur Business Finland en die Finse ministerie van buitelands sake gefinansier.

Fusion Grid is deel van die BEAM (besighede met impak)-program.

Volgens dr. Karin Amukugo-Fröhlich, die enigste Namibiër wat deel is van die projek, is die navorsingsvennote die LUT- en Aalto-universiteit van Finland, asook GreenEnergy Finland (GEF), Finnish University Properties (SYK), Nokia en Solar Finland.

Fusion Grid werk nou saam met die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST).

Die LUT-universiteit bestudeer en ontwikkel sonkragaangedrewe elektrisiteitstelsels wat nie aan die nasionale netwerk verbind is nie.

Die Aalto-universiteit stel digitale dienste in die gemeenskappe bekend en lei mense in die gebruik daarvan op.

Die GEF is verantwoordelik vir die tegniese aspekte van die fotovoltaïese (PV) kragproduksie, -beheer en -monitering.

Die sonpanele kom van Solar Finland.

Nokia se eksperimentele, gemeenskapsbeheerde, mobiele basisstasie (Kuha) bied plaaslike mobiele internetverbindings aan afgeleë gebiede.

Finnish University Properties (SYK) fokus op kampus-infrastruktuur, asook innoverende leerruimtes en oplossings.

“Ons werk nou saam met die gemeenskap. Hulle is by elke stap betrokke en het opleiding ontvang,” het Amukugo-Fröhlich gesê.

“Daar is 'n persepsie dat ontwikkelde lande ingewikkelde tegnologie in onderontwikkelde lande stort. Die tegnologie werk solank die skenkerlande betrokke is, maar sodra hulle onttrek, hou dit op werk en weet die gemeenskap nie wat om daarmee te doen nie.

“Dit is vir ons uiters belangrik dat die gemeenskap weet wat hulle het en hoe om daarme te werk. Hulle moet beheer van die tegnologie neem wanneer ons onttrek, en hulle moet dit verstaan en in stand kan hou,” het sy gesê.

Volgens mnr. Pietari Kesuinen van die Aalto-universiteit is daar geen soortgelyke projek ter wêreld nie.

“Dit ’n eerste in die wêreld wat sonkrag en digitale dienste na gemeenskappe in die verste hoeke van ’n land bring. Ons werk saam met die gemeenskap om hul behoeftes te verstaan sodat ons die projek kan aanpas om daarin te kan voorsien,” het hy gesê. - [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

16 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...