Kraamdokter nie nalatig
Kraamdokter nie nalatig

Kraamdokter nie nalatig

Tanja Bause
Tanja Bause - Die dokter wat tydens die geboorteproses die kop van ’n baba afgeruk het, was nie nalatig of het enigsins in ’n strafbare wyse opgetree nie.

Die voorval het op 5 Desember verlede jaar in die Windhoek Sentrale Hospitaal plaasgevind toe ’n sewe maande swanger vrou met kraampyne opgeneem is.

Volgens die vrou het die dokter drie keer onsuksesvol probeer om die babadogtertjie uit te haal. Dit is toe die kop afgeruk is en die lyf van die baba later deur ’n keisersnee uitgehaal is.

Volgens dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, is die saak deeglik ondersoek en die dokter is tydens die ondersoek geskors.

“Die nadoodse ondersoek dui dat die mediese personeel nie nalatig of enigsins in ’n strafbare wyse opgetree het nie en is die dokter intussen weer terug by die werk.”

“Ons het ook ’n nadoodse ondersoek gedoen en die resultate met die familie gedeel. Vir etiese doeleindes sal die nadoodse ondersoek se bevindinge nie met die gemeenskap gedeel word nie. Dit is voldoende om aan te dui dat die baba veelvoudige misvormings gehad het wat nie met die lewe versoenbaar was nie en wat nie tydens die bevalling lewensvatbaar was nie.”

“Die ministerie het die familie met berading en ondersteuning bygestaan.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!