KPMG verloor Nedbank as kliënt
Nellie Brand-Jonker – Nedbank het aandeelhouers in kennis gestel dat KPMG van volgende jaar af nie meer sy ouditeur gaan wees nie.
Dit hou verband met die reël van die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba) wat in Junie 2017 uitgereik is dat ondernemings van openbare belang verplig is om hul ouditfirmas te roteer. Die reël bepaal dat ’n ouditfirma nie langer as tien jaar agtereenvolgens die ouditeur van so ’n maatskappy mag wees nie. Die reël tree April 2023 in werking.
Ernst & Young met Farouk Mohideen as die aangewese ouditvennoot is ná ’n tenderproses vanaf Mei aanstaande jaar as die nuwe ouditeur vir sowel die Nedbank Groep Beperk as Nedbank Beperk benoem.
Die aanstelling moet goedgekeur word op albei die maatskappye se jaarvergaderings wat in Mei volgende jaar gehou word en die ouditfirma word aangestel vir die boekjaar tot einde Desember 2019.
Gevolglik gaan KPMG sodra sy verantwoordelikhede as eksterne ouditeur vir die huidige boekjaar tot einde Desember afgehandel is, nie meer sy ouditeur wees nie. Dit sal na verwagting met die afhandeling van die jaarvergaderings wees.
Ernst & Young gaan dan die dienste saam met Deloitte & Touche aanbied. Deloitte is ook ná die tenderproses benoem om aan te bly as die gesamentlike eksterne ouditeur. Die ouditfirma is vroeër vanjaar as gesamentlike eksterne ouditeur van die twee maatskappye aangestel.
KPMG sê in ’n verklaring hy neem kennis van die aankondiging en het beklemtoon dit hou verband met die reël oor die rotasie van ouditeursfirmas.
“Dit is altyd teleurstellend om ’n kliënt te verloor, maar ons bly trots op die werk wat ons baie jare vir Nedbank gedoen het,” sê prof. Wiseman Nkhulu, voorsitter van KPMG Suid-Afrika.
Hy sê KPMG is nou ’n heel ander onderneming as ’n jaar gelede en het verreikende veranderinge ingestel by sy korporatiewe bestuur en leierskap, kultuur en etiek.
“Ek glo ons het die regte stappe gedoen en dat dit deur kliënte erken word.
“Ons hertoelating vroeër vandeesmaand as lid van Business Leadership South Africa (BLSA) is ’n welkome erkenning van die veranderinge wat ons gemaak het en het ons vasbeslote gemaak om aan te hou met die maatstawwe om die vertroue in die firma te herstel.”
KPMG het talle kliënte verloor sedert hy by verskeie skandale in Suid-Afrika betrek is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie