Kospryse kan met goeie prysbestuur nóg val
Kommer heers oor invloed van hoër BTW
Dr. Kobus Laubscher - Volgens die nasionale bemarkingsraad in Suid-Afrika het inflasie vir die jaartydperk tot Januarie 2018 gedaal, al is dit teen ‘n verlaagde tempo.
Die voedselmandjie wat vir hierdie doel ontleed word, het in Januarie 2018 R874,96 gekos of 3,02% meer as ’n jaar gelede. Op ‘n jaargrondslag was dié verandering van Desember 2017 tot Januarie 2018 egter hoër op 4,78%. Daar is dus tekens dat inflasie stadiger kan afneem, maar ekonome is dit eens dat hooflyninflasie in 2018 binne die grense van die Reserwebank kan beweeg.
Die Pietermaritzburg Agentskap vir Sosiale Gemeenskapsaksie (Pacsa), ’n organisasie wat die impak van inflasie op die armes ontleed, is egter bekommerd oor die invloed van die 1%-verhoging in BTW vanaf 1 April ondanks die uitgebreide lys van voedsel wat 0%-BTW gaan dra.
Vakbonde en sekere politieke groeperinge in Suid-Afrika het hul ongelukkigheid oor die verhoogde BTW-koers op vele maniere gedemonstreer.
Die verhoogde brandstofheffing is ook ’n bron van kommer omdat dit met verloop van tyd veral institusionele inflasie kan verhoog. Internasionale oliepryse is wisselvallig, maar stadig stygend en tensy die wisselkoers saamspeel kan verbruikers swaar trek. Regerings het geen beheer oor hierdie belangrike drywers van inflasie nie.
ANDER LANDE
Suid-Afrika se Januarie 2018-inflasiesyfers van onderskeidelik 4,4% en 4,7% vir hooflyn- en kosinflasie vergelyk soos volg met van die Brics- en buur ande. Botswana s’n staan op 3,1% en 0,4% onderskeidelik versus dié van Namibië van 3,6% en 2%.
Zambië se syfers van onderskeidelik 6,2% en 4,6% vergelyk nie goed nie. Brasilië se 2,9% en -1,5% demonstreer die impak van globale markbewegings, veral die dalende neiging van die internasionale graanindekse.
China se 1% en -0,5% onderskeidelik vergelyk goed met stygende inflasie in die VSA van onderskeidelik 2,1% en 1,7%, terwyl die Britte ongewone prysstygings moes verduur met hooflyninflasie van 3% en kosinflasie van 3,7%.
Die eerste oesskatting van die 2018/19-mielieoes dui op verdere afwaartse druk op plaaspryse as gevolg van die feit dat ’n mielieoes van meer as 12 miljoen ton verwag word.
Dié nuus kom te midde van skerp dalings in die verbuikerspryse van mieliemeel, terwyl die verbruikersprysindeks van grane en brood tot Januarie 2018 met 5,1% gedaal het. Dalings is ook waargeneem in die verbruikersprysindekse van vette en olies.
Die verbruikerspryse van spesiale mieliemeel in verpakkings van tot 5 kg het amper 24% jaar-op-jaar gedaal. Dit was bydraend tot deflasie van bykans 9% in die pryse van die vyf gewildste items in die mandjie wat deur die armste 30% van die bevolking aangekoop word.
Hierdie groep van die bevolking bestee bykans 60% van hulle inkomste aan voedsel, maar kan nie dié besteding prioritiseer nie. Ander uitgawes soos vervoer, verblyf en energiekostes staan eerste in die ry en dan spaar hulle op kosaankope. Die impak van die verhoogde brandstofheffing gaan vervolgens kos uit hul monde neem.
VERHOOGDE BTW
Pacsa spreek sy kommer uit oor die impak van die verhoogde BTW-koers wat vanaf 1 April geld, ten spyte van die feit dat meer produkte uitgesluit is. Volgens sy berekening beloop BTW teen 15% altesaam R221,59 van sy basiese kosmandjie van R3 129,84. Altesaam 54% van die basiese mandjie se koste, of R1 698,87, is onderhewig aan BTW.
BTW neem dus nou ’n groter hap van dié mandjie wat reeds onder druk is en nie aan die minimum van voldoende voedingsvereistes opweeg nie. Pacsa se standpunt is verder dat die verhoogde BTW reeds bestaande negatiewe gevolge van dié onderbesteding verder kan benadeel.
Sy navorsing toon dat huishoudings koop wat bekostig kan word en nie om maaltye te balanseer nie. Almal in ’n huishouding het ook nie eweredige toegang tot die daaglikse kosmandjie wat so gekoop kan word nie. Sommige moet eet wat voor hulle is en as sê die proteïen in die mandjie gedaan, bly die res van die huishouding daarsonder tot ’n volgende keer.
Die impak daarvan is verreikend, veral in terme van verskillende gestremdhede, met bewyse van groeistremming op kinders en natuurlik die effek daarvan op leerontwikkeling.
Die jongste statistiek oor die ekonomie dui op hoër as verwagte groei in 2017. Daarmee kry die verwagtinge van ’n nuwe bedeling en orde stukrag en bestaan die hoop dat meer werk, minder mense armlastig sal laat.
Wat egter soos ’n paal bo water staan, is dat landbou deurgaans sy kant bring om kos op die tafel te hê.
Boere is egter bekommerd oor die transaksiekoste anderkant die plaashek waaroor hulle geen beheer het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie