Kospryse bekommer boer én verbruiker

10 September 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Die verskil tussen wat die boer ontvang en die verbruiker betaal is ’n oeroue twispunt – die een party kry te min en die ander party betaal te veel.

So beweeg die twee groepe verder uitmekaar, terwyl beide partye tog afhanklik van mekaar bly.

Die Nasionale Bemarkingsraad in Suid-Afrika doen gereelde ontledings van die verskil tussen plaashekpryse en wat die verbruiker betaal. Die bemarkingsmarge en produsente-aandeel in die verbruikersrand gee beter perspektief en dui aan wat dit kos om die produk in finale vraagformaat aan te bied.

Die produsente-aandeel word omskryf as die plaas ekwiwalent van wat die verbruiker betaal. Die bemarkingsmarge dui weer die verskil aan van wat die verbruiker op verbuikersvlak betaal en die plaasekwiwalent van dieselfde produk.

Veranderings aan beide van die veranderlikes is ’n aanduiding van prysbewegings waarvan kennis geneem moet word, veral tot die mate wat ’n groter marge óf plaaspryse afdruk én/óf die koste vir die verbruiker verhoog. In beide gevalle is die impak negatief, want laer plaaswaarde kan produksie ontmoedig, terwyl stygende pryse vir die verbruiker weer verbruik strem. So beweeg die twee groepe verder uitmekaar.

Wat moet gebeur, is dat produsente ‘nvolhoubare inkomstestroom nodig het en dat die waardeketting doeltreffend moet funksioneer sodat toegevoegde waarde gedurende transformasie, verbruikers steeds in ‘n posisie plaas om te kan eet.

Die plaaswaarde of produsente-aandeel en die bemarkingsmarge verskil tussen produkte. In die geval van vars hoenders het die bemarkingsmarge in die tweede kwartaal vanjaar gemiddeld met 3,6% toegeneem, terwyl die produsente-aandeel met 1,24% afgeneem het.

In Julie vanjaar was die produsente-aandeel van ‘n heel, vars hoender 54,45%. Op ‘n jaar-tot-jaar basis het die bemarkinsgmarge toegeneem met 5,56%, maar die produsente-aandeel het gedaal met net meer as 3%.

In die geval van graad A2- en A3-beesvleis het die marge met net minder as 2% toegeneem in die tweede kwartaal vanjaar, tot R35,81 in Julie 2019. Die produsenteaandeel het marginaal gedaal tot 52,59%. Dit was net meer as 1% laer op ‘n jaar-tot-jaar basis, terwyl die bemarkingsmarge oor dieselfde tydperk met 5,5% gedaal het.

Die bemarkingsmarge in die geval van graad A2- en A3-lamvleis was in Julie vanjaar R60,53 per kg of net meer as 7% laer as in die eerste kwartaal. Oor dieselfde tydperk het die produsente-aandeel met 8,13% toegeneem tot 50,49%. Op ‘n jaargrondslag het die marge egter toegeneem met net minder as 3%, maar het die produsente-aandeel met 7,6% gedaal.

Melk se bemarkingsmarge bly hoog en was in Julie vanjaar R9,19/liter met ewe min beweging op ‘n jaar grondslag. Die produsente-aandeel het met net minder as 1% gedaal, terwyl die marge met minder as 0,5% gedaal het. Melkprodusente is tans baie ongelukkig oor die plaashekpryse, terwyl verbruikers ook gebuk gaan onder hoë verbruikerspryse. Melkinvoere is verder ‘n bron van kommer vir die bedryf.

Enersyds maak dit melk meer beskikbaar, maar wat eintlik nodig is, is plaashekpryse wat produksie aanmoedig, terwyl verbruikers ook baat vind met laer pryse.

Die Nasionale Bemarkingsraad berig dat die gemiddeld prys van melk op verbruikersvlak in Julie vanjaar R14,62/l was.

Die bekostigbaarheid van mieliemeel is belangrik, veral tot die mate wat dit stapelvoedsel is. In die geval van supermieliemeel was die verbruikerspryse van 5 kg- en 2,5 kg-verpakkings se stygings op ’n jaargrondslag ,tot Julie vanjaar van die hoogste in die mandjie van kos wat ontleed word. Dit het met onderskeidelik 16,7% en 18,3% toegeneem.

Die bemarkingsmarge van die 5 kg-verpakking was in Julie vanjaar egter 16,49% laer was as ‘n jaar gelede. Die impak van plaashekprysstygings het tot gevolg gehad dat die produsente-aandeel met bykans 39% toegeneem het tot 55,1%. Dié tendens dui daarop dat die mark van die plaashekprysstygings geabsorbeer het.

Dit is duidelik die mark het beperkte vermoë om veral administratiewe prysstygings soos hoër energiekoste, arbeidkoste, ensovorts te kan absorbeer.

Die noodwendige gevolg van die gewelddadige ontwrigting van logistieke dienslewering deur vragmotors te teiken, sal die marge aan beide kante van die waardeketting beïnvloed. Boere én verbruikers sal moet opdok.

Soortgelyk

 

Teko-trio vrygespreek

7 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie

18 ure gelede | Regering

Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s of video's van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF)...

Dokters wis nie van voorskrifte

18 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

18 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

18 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

18 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

18 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...