Koës-VVV dalk ’n internetballon

Oplettende boere in die Suide het Maandag die seldsame geleentheid gehad om, wat waarskynlik ‘n 4G Google Loon-ballon was, af te neem.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – ’n Ballonagtige voorwerp in die hemelruim, wat later as waarskynlik een van Google se “drywende 4G-torings” geïdentifiseer is, het boere in die Koës-omgewing Maandag net voor sononder aanvanklik aan die raai gehad.

Die Universiteit van Namibië (Unam) se dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-afdeling, het boere gister egter gelyk gegee dat dit waarskynlik ’n 4G Loon-ballon is, terwyl Flightradar.24 ook wys dat so ’n ballon in die spesifieke tyd oor dié gebied beweeg het, terwyl nog twee elders oor Namibië bedrywig was.

Mnr. Hendrik de Villiers wat in die Koës-omgewing boer sê sy pa, wat sowat 10 km van hom af boer, het aanvanklik sy aandag op die vreemde vlieënde voorwerp (VVV) gevestig.

“Dit was Maandag net ná 18:00 toe ons dit in die laaste sonstrale gesien het. Ons het eers probeer om dit met ’n selfoon af te neem, maar die selfoon het dit nie opgetel nie. My dogter het toe ’n kamera gebruik wat beter inzoem,” het de Villiers vertel.

Hy sê hulle moes toe eers die kamera laai met die plan om die voorwerp later beter af te neem, maar dit was nie meer ná sononder sigbaar nie.

“Ek het besef hierdie is nie sommer net enige ding nie. Kyk hoe lyk dit!” het hy vertel. Hy sê hy het ’n soektog op die internet begin en later op prentjies van die 4G-ballonne afgekom en gedink dit kan dalk een van hulle wees.

Nog ’n boer in die omgewing, me. Anette Steyn, sê haar indrukke was dat dit iets is wat die son se strale weerkaats. “Jy weet, amper soos wanneer jy ’n windpomp in die verte sien wat die ligstrale weerkaats,” het sy gesê.

Steenkamp stem saam. “Loon se ballonne is semideursigtig. Dit kan die ondergaande son wees wat deur die ballon gerefrakteer is.

“As jy na die ringstruktuur van die ballonne kyk, kan dit die oorsprong van die ‘gloeiende ringstruktuur’ in die foto wees. Dit lyk ook of daar 'n instrumentpakket onder die gloeiende struktuur hang, so die hipotese dat dit dalk 'n ballon van Loon kan wees, is moontlik,” het hy gesê.

Flightradar.24 het teen gistermiddag omstreeks 16:00 aangedui drie ballonne was toe bo Botswana, vanwaar dit moontlik weer op pad terug na Mosambiek was. Volgens gerugte is dié ballonne Maandag ook op Walvisbaai opgemerk.

LOON-PROJEK

Loon, wat onder Google se moedermaatskappy Alphabet val, het vóór Julie vanjaar 35 van dié ballonne die lug ingestuur om, tesame met Telkom Kenia, internetdienste aan dié land te bied. Dit versterk tans ook selfoondienste in Mosambiek.

Loon reken dit is 'n kostedoeltreffende oplossing om internettoegang vir mense in afgeleë gebiede te bring en telekommunikasieverskaffers in die res van die wêreld hou dié projek glo fyn dop om te sien of dit ’n betroubare en winsgewende diens kan wees.

Voorheen is die ballonne slegs in noodtoestande gebruik wanneer netwerke deur byvoorbeeld aardbewings of ander rampe verwoes is.

Die ballonne of vlieënde selfoontorings kan glo vir maande lank in die lug dryf. Dit is so groot soos ’n tennisbaan en word vanaf Amerika die lug in gestuur, waar dit in die stratosfeer op ’n hoogte van sowat 20 km ronddryf – vér bo byvoorbeeld vliegtuie. Daarna beweeg dit tot waar dit onder die osoonlaag tot rus kom.

Dit bied dan ’n 4G LTE-netwerk wat mense toegang tot data-, stem- en ander dienste bied. Dit maak van sonkrag gebruik en word met sagteware vanaf die grond beheer. Volgens die projek se webwerf maak die ballonne van wind gebruik om te navigeer en dit neem tyd voor dit sy eindbestemming bereik. Dit is gewoonlik ook nie maklik sigbaar nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015