Kortnuus 11 Augustus 2021

Dani Booysen
Katima Mulilo



Hulle name is in stemhoed



Ses kandidate sal op die stembrief wees vir 25 Augustus se tussenverkiesing om 'n nuwe streekraadlid vir Katima Mulilo aan te wys.

Vier verteenwoordig politieke partye. Hulle is mnre. Marklee Matengu (PDM), Christopher Simasiku (NDP), Kennedy Simasiku en me. Lynnette Malipa van die Independent Patriots for Change (IPC).

Mnre. Kubwina Poniso en Nkando Kabuna staan as onafhanklikes.

 – Nampa



Rehoboth



UPM skenk vir brandskade



Die United People's Movement (UPM) het die week 'n skenking ter waarde van N$14 700 bewillig aan boere en afhanklikes wat deur die wegholdveldbrande by Dordabis getref is.

Die hulp bestaan uit 90 bale lusern en 'n ton mieliegruis. Die B One Service Station op Rehoboth bestuur die bystand.

UPM-leiers sou die plase persoonlik besoek en vra ander om ook te skenk.



Oshikango



Minister help uit eie sak



Minister Tom Alweendo het persoonlik 32 besendings kos en ander hulpmiddels geskenk aan huishoudings op Oshikango wat erg onder droogte en Covid-19 ly.

Hy het Saterdag die bystand persoonlik oorhandig. Die waarde daarvan is N$27 000.

Die minister van myne en energie het gesê hy sal pleidooie vir elektrifisering en sakeontwikkeling aan die gepaste owerhede oordra.

 – Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer