Kort nuus - Internasionaal
Barcelona
Aanvaller geskiet
Die bestuurder van die wit paneelwa wat verlede week in 'n skare mense in Barcelona, Spanje, ingeploeg het, is geskiet.
Nampa/Reuters het Maandagaand vroeg berig die Spaanse polisie het 'n man geskiet wat plofstof aan sy lyf gehad het.
Dit het 'n robot onder beheer van die polisie se plotstofafdeling sowat twee uur geneem om seker te maak die plofstof is onskadelik, voordat die man geïdentifiseer kon word.
Die polisie het op Twitter bevestig die man is Younes Abouyaaqoub, die Barcelona-aanvaller. Hy is in Subirats, wes van Barcelona geskiet.
Volgens The Independent is Abouyaaqoub doodgeskiet.
Die polisie het verlede week kort na die voorval dit as 'n terreuraanval bestempel.
Altesame 13 mense is op die toneel dood, maar die dodetal het intussen tot 15 gestyg, volgens The Guardian. Meer as 100 mense is beseer. – Netwerk24/Nampa/Reuters
Marseille
1 doodgery, terrorisme nie vermoed
'n Voorval in Marseille, Frankryk, waar 'n man in 'n paneelwa in twee bushaltes vasgejaag het, word voorlopig nie as 'n terreurdaad beskou nie.
Een persoon is dood en nog een beseer in die voorval Maandagoggend. Dit volg vier dae nadat 'n aanvaller in 'n paneelwa 13 mense in Barcelona, Spanje, doodgery het.
Die verdagte in Maandagoggend se bushalte-voorval is glo aan die polisie bekend vir geringe misdade en hy het glo sielkundige probleme.
Die man het omstreeks 08:15 eers in 'n bushalte in die armer, noordelike deel van die stad vasgejaag en 'n uur later, verskeie kilometers verder in die suidelike deel van die stad teen 'n tweede bushalte waar nog 'n persoon beseer is.
David Reverdy van die polisie in Marseille sê die afstand tussen die twee bushalte dui op “ 'n soort vasberadenheid van die bestuurder”.
“Ons vra wel hoekom dié plekke?” As 'n mens 'n menseslagting wou veroorsaak, bied ander plekke in Marseille enige tyd van die dag 'n meer logiese keuse.”
Die man is deur die polisie in hegtenis geneem sonder dat enige skote afgevuur is, sê Reverdy.
'n Noodtoestand is in November 2015 in Frankryk verklaar nadat Islamitiese militante 130 mense in en rondom Parys doodgeskiet het. Nog 86 mense het in 2016 in 'n aanval in Nice gesterf toe 'n Tunisiese man met 'n vragmotor in 'n skare ingejaag het wat Bastille-dag gevier het. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie