Kort nuus - Internasionaal
Frankryk
Macron weier om minister se bedanking te aanvaar
Die Franse minister van binnelandse sake, Gerard Collomb, een van pres. Emmanuel Macron se naaste bondgenote, het Maandag aangebied om te bedank, maar Macron het geweier om sy bedanking te aanvaar.
Twee weke gelede het Collomb planne aangekondig dat hy van plan is om uit die kabinet te bedank en dat hy in 2020 gaan staan in die verkiesing as burgemeester van die oostelike Franse stad Lyon. Hy het aangedui dat hy in Mei 2019 ná die verkiesing van die Europese Parlement sal bedank.
Le Figaro het berig dat Collomb (71) aangebied het om te bedank omdat hy nie wou hê dat die binnelandse ministerie gedestabiliseer moet word deur sy besluit om weer vir burgemeester van Lyon te staan nie, ’n pos wat hy van 2001 tot 2017 beklee het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie