Kort nuus u2013 Internasionaal
Kort nuus u2013 Internasionaal

Kort nuus – Internasionaal

Tonga

Aardbewing van 6.1 tref gebied duskant Tonga

’n Aardbewing met ’n sterkte van 6.1 het Sondagoggend (plaaslike tyd) 97 km noordoos van die dorp Ohonua, aan die noordooste van een van Tonga se eilande, getref. Die Amerikaanse geologiese agentskap het die aardbewing bevestig.

Volgens die agentskap het die aardbewing Sondag om 10:56 (Saterdag 23:56 in Suid-Afrika) gebeur met die episentrum wat op ’n diepte van 10 km gemeet is. Tonga is 11 uur voor Suid-Afrika.

Die Stille Oseaan se tsoenami-waarskuwingsentrum het geen waarskuwings uitgereik nie en skade, beserings of sterfgevalle is nie onmiddellik aangemeld nie.

Die episentrum van die aardbewing lê in die sogenaamde Vuurkring in die Stille Oseaan, ’n gebied wat deur gereelde seismiese aktiwiteit gekenmerk word.

In Februarie 2018 het ’n aardbewing van 7.5 die gebied van Papoea-Nieu-Guinee getref en die grootskaalse vernietiging van honderde geboue veroorsaak, asook die dood van 150 mense. – Netwerk24/AFP

Hong Kong

Leier vra verskoning ná miljoene betoog

Terwyl miljoene betogers weer Sondag die strate van Hongkong ingevaar het, het Carrie Lam, uitvoerende leier van dié stad, om verskoning gevra vir die planne vir ’n uitleweringswetsontwerp.

Sy het Saterdag reeds aangekondig die omstrede wetsontwerp word vir eers op die ys gesit, maar die geraamde 2 miljoen betogers eis nou dat sy bedank.

Die wetsontwerp oor die uitlewering van verdagtes in strafregtelike sake aan China het tot grootskaalse betogings gelei wat ’n week gelede begin het. Dit was van die gewelddadigste optogte in dekades in die gebied en word as een van die grootste politieke gebeure in China sedert 1997 beskou.

Volgens bronne het sommige magnate in Hongkong reeds hul persoonlike rekeninge oorsee begin skuif weens kommer oor die beoogde wetgewing. Kritici waarsku dat dié soort ding die stad se finansiële status stadig maar seker kan verwoes.

Die week se betogings is die grootste nog in die stad sedert mense in 1989 in opstand gekom het teen die bloedige verdrukking van prodemokratiese betogings op Beijing se Tiananmen-plein. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A