Kort nuus – Afrika
Suid-Afrika
SA joernalis in Tanzanië het nie werkspermit gehad
Die Suid-Afrikaanse joernalis Angela Quintal en haar Keniaanse kollega Muthoki Mumo wat verlede week in Tanzanië vir ondervraging aangehou is, het net besoekerspermitte gehad en nie werkspermitte nie.
Só het Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maandag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê.
Quintal, ’n voormalige redakteur van onder meer The Mail & Guardian, en Mumo is deur Tanzaniese immigrasiebeamptes ondervra voordat hulle om 03:00 die oggend by hul hotel in Dar es Salaam, die hoofstad, afgelaai is.
Hulle het eers hul paspoorte teruggekry nadat Thami Mseleku, die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Tanzanië, die aangeleentheid met die Tanzaniese owerhede bespreek en diplomate van Kenia en Tanzanië ook gehelp het.
Quintal en Mumo werk albei vir die mediawaghond Committee to Protect Journalists (CPJ) en was namens dié organisasie in Tanzanië. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie