Kop dryf op Kavango
Die kop van 'n 52-jarige man het Dinsdag op die Kavangorivier verby die dorpie Matondotji in die Ndiyona-kiesafdeling verbygedryf.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Kavango-Oos-streek, adjunkkommissaris Bonifatius Kanyetu, was die oorledene 'n visserman en die slagoffer van wilde rivierdiere.
Kanyetu sê die man se familie het die polisie ingelig hy is Dinsdag omstreeks 07:00 na die rivier toe om te gaan visvang. Hy is vermoedelik deur 'n seekoei aangeval en het verdrink. Lede van die Matondotji-gemeenskap het sy liggaam op die rivier gesien dryf. Hulle het hom na die wal getrek en die polisie ontbied, maar 'n krokodil het die liggaam gegryp en onder die water ingetrek. Die krokodil het die man gevreet en net die kop oorgelos. Kanyeu sê die man se naasbestaandes is oor die voorval ingelig. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie