Kontrakte vir gruispaaie hernu
Kontrakte vir gruispaaie hernu

Kontrakte vir gruispaaie hernu

Goeie nuus vir padgebruikers is dat padskrapers binnekort weer sal begin om die gruispaaie te skraap.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die sentrale verkrygingsraad het Donderdag die instandhoudingskontrakte hernu ingevolge waarvan 115 padskrapers binnekort sal begin met herstelwerk aan die voosgeryde gruispaaie wat die afgelope weke tot verskeie padongelukke gelei het.

Woedende padgebruikers het die laaste weke op veral sosiale media gal gebraak oor die haglike toestand van die land se grondpaaie en die feit dat dit lewensgevaarlik is om daarop te ry.

Me. Marletta Swart van die gasteplaas Weltevrede aan die C19 tussen Solitaire en Sesriem, sê daar daar was die afgelope weke talle voorvalle langs dié roete en die C14 waar voertuie stukkend gery is of omgeslaan en gerol het.

West Coast Safety Inisiative het ook op sy Facebook-blad ‘n video geplaas wat wys hoe toeriste langs die pad ry aangesien die C14 op plekke onbegaanbaar is.

Dit is tans hoogseisoen en ‘n foto op dié blad toon die toename in gehuurde 4x4’s en ander voertuie wat by Solitaire aandoen vir brandstof.

Die Paaieowerheid (RA) het in 2012 vyfjaarkontrakte ter waarde van sowat N$706 miljoen met nagenoeg 40 kontrakteurs gesluit vir instandhoudingswerk aan grondpaaie in die land. Dié kontrakte het enkele maande gelede verstryk en geen instandhouding is die afgelope sowat twee maande op die paaie gedoen nie.

Dit kontrakte is destyds aangegaan met sogenaamde skraperontwikkelingseenhede, of gevestigde kontrakteurs, wat klein SME-kontrakteurs onder hul vlerk neem en oplei. Republikein het die naweek van ‘n ingeligte bron verneem dié kontrakte is Donderdag deur die sentrale verkrygingsraad hernu.

Volgens die bron het die gruisvlak op grondpaaie weens die feit dat instandhoudingswerk nie gedoen is nie, erge skade gely. “Die laaste agt weke was die spyker in die doodskis van gruispaaie.”

Mnr. Horst Schommarz, bestuurder van instandhouding by die RA, wou nie vroeër in 'n telefoniese navraag kommentaar lewer oor die toestand van die grondpaaie nie. Hy het versoek dat die vrae skriftelik aan die openbare skakelbeampte, me. Hileni Fillemon, gerig word. Republikein wag sowat vier weke later steeds vir terugvoering op die vrae.

Padnetwerk

Volgens die boek The History of Namibian Roads wat sowat vier jaar gelede verskyn het, beskik die land oor ‘n padnetwerk van 48 000 km.

Die instandhoudingswerk aan grond- en teerpaaie moet gedoen word met die geld wat deur die Padfondsadministrasie (RFA) deur middel van heffings ingesamel word.

Tans is daar 370 000 geregistreerde voertuie op Namibiese paaie en die heffings wat ingesamel word, is net genoeg om in 50 persent van die instandhoudingskoste te voorsien.

Volgens die bron is dit “ongelooflik belangrik” dat instandhouding betyds en reg gedoen word. Sou Namibië sy padnetwerk moet vervang, sal dit nagenoeg N$100 miljard kos.

Dit kos tans sowat N$1 miljoen per kilometer om ’n gruispad weer op te bou. Volgens die bron wys ’n ondersoek die meeste gruispaaie het tans net sowat 43 mm gruis op die oppervlak oor.

Verder is daar tans net vier gruishervestigingseenhede terwyl die RA ten minste 14 nodig het om die probleem suksesvol te takel.

Mnr. Conrad Lutumbi, uitvoerende hoof van die RA, kon nie telefonies vir kommentaar hieroor bereik word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A